Merise Afrikaans - September/October 2017
Get Merise Afrikaans along with 8,000+ other magazines & newspapers
Try FREE for 7 days
1 Year$99.99 $49.99 Save 50%
Get Merise Afrikaans
Subscription plans are currently unavailable for this magazine. If you are a Magzter GOLD user, you can read all the back issues with your subscription. If you are not a Magzter GOLD user, you can purchase the back issues and read them.
- Magazine Details
- In this issue
Magazine Description
In this issue
Carla Lewis se artikel is geskryf asof dit gestuur is. Dit mag wel heerlike lente wees, maar daar is beslis meer van my ná die afgelope winter. Kom ons blameer dit op die weer. As dit nie so koud en nat was nie, sou ek sekerlik meer gaan stap het en dan was ek nie nou in hierdie penarie nie. Maar Carla gee hoop. Met ekstra selfbeheer kan jy die ekstra vetjies afskud sonder om kamma te smul aan vreemde kossoorte met ‘n nog vreemder spelling en sonder dat jy jouself blootstel aan die marteling van erge hongerpyne. As jy al ‘n rukkie Hier Onder woon, sal jy weet dat jou tuin een van die dae gaan swaarkry onder die fel strale van die ongenaakbare Australiese son. Gelukkig kan jy die mooiste vetplante insit om jou tuin te verfraai sonder om die “waterpolisie” te ontstel as jy meer as jou waterkwota gebruik. Het jy al ooit met bier gekook? In hierdie uitgawe wys Merise hoe jy in ‘n japtrap die allerlekkerste bredie en gevlegte brood kan maak . . . net reg vir die naweekkuier! Jy kan natuurlik ook terugsit en jouself met heerlike vermaak op ShowMax bederf. Merise vertel van die reeks, Brood en botter, wat oor kos-entrepreneurskap handel.
Cancel Anytime [ No Commitments ]
Digital Only