Prøve GULL - Gratis
Breinvliesontsteking eis student
Swartland Gazette
|August 12, 2025
Chris Scheffers (19), die matiestudent van Riebeek-Wes wat verlede Saterdag (2 Augustus) dood in sy kamer by die Dagbreek-koshuis gevind is, het weens breinvliesontsteking gesterf, het die Universiteit Stellenbosch in hul nuutste verklaring met betrekking tot Scheffers se dood bevestig.
Scheffers, wat in die Swartland grootgeword het, was 'n tweedejaar-teologiestudent. Sy grootmaak-ma, Izolda Majiedt, wat hom saam met haar man, Fanie, reeds op die ouderdom van drie maande saam met sy biologiese ma (wat intussen oorlede is), in hul huis verwelkom het, sê Chris was 'n kind van die Here.
"My enigste troos as 'n ma is om te weet hy is by die Here," voeg sy hartseer by.
Haar aangenome seun het in die eerste kwartaal van sy onderwysstudies aan Majiedt gesê dit is nie vir hom nie. Hy wil teologie studeer.
Dié skielike verandering van loopbaan het as geen verrassing vir haar en almal wat hom geken het, gekom nie. Die kinders op skool by Schoonspruit Sekondêr en die studente by Dagbreek-koshuis het hom "pastor" genoem aangesien hy die evangelie verkondig het, vertel sy laggend.
Scheffers se gawe om te kan sing, is op driejarige ouderdom in die VGK-gemeente in Riebeek-Kasteel ontbloot.
"Hy het basies in die kerk grootgeword en was ook in die kerkkoor waar ek betrokke is. Ons albei het 'n passie vir kerkmusiek; daar het ons mekaar aangevul."
Sy musikale talent het nie by sy nootvaste stem opgehou nie. Scheffers het die gawe gehad om verskeie musiekintrumente te speel, wat hy self aangeleer het.
"Chris was 'n model-kind wat op skool altyd sy beste wou gee. Hy was 'n uitstekende leerder."
Majiedt onthou met vreugde hoe Scheffers in die middae ná skool sy tas neergesit en eers op sy kitaar of trekklavier getokkel het voordat hy met die dag se huiswerk sou wegspring.
Hy het in Riebeek-Wes-primêr en Schoonspruit-sekondêr opgang gemaak toe hy aan vertonings deelgeneem en sy talent met ander gedeel het.
"Hy het verlede jaar in die universiteit se koor gesing," vertel sy trots. "Ek het hom my babakind genoem. Hy het lig aan almal gebring. Chris was die sonskyn in ons huis."
Denne historien er fra August 12, 2025-utgaven av Swartland Gazette.
Abonner på Magzter GOLD for å få tilgang til tusenvis av kuraterte premiumhistorier og over 9000 magasiner og aviser.
Allerede abonnent? Logg på
FLERE HISTORIER FRA Swartland Gazette

Swartland Gazette
Man met gesteelde eiendom vas
'n Man het gister (Maandag 20 Oktober) in die landdroshof in Malmesbury verskyn nadat hy in die besit van 'n onwettige vuurwapen en ammunisie asook vermoedelike gesteelde eiendom aangekeer is.
1 min
October 21, 2025

Swartland Gazette
Gimnaste ryg medaljes in
Altesaam 37 gimnaste van die Malmesbury-gimnastiekklub het die afgelope skoolvakansie hul provinsie en streek by vanjaar se nasionale gimnastiekkampioenskap in Gauteng verteenwoordig.
2 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
Fret-liefde loop gou skeef
Al drie die diertjies wat glo voorverlede Saterdag (4 Oktober) deur 'n vrywilliger van die Exotic Animal World Klapmuts gesteel is, is veilig \"terug by die huis\".
2 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
Onmin oor 'uitstapdag'
Een van die groot oomblikke in matrikulante se lewe was vir leerders van die Hoërskool Piketberg amper nie 'n werklikheid nie. Volgens ouers is die leerders van hul matriekuitstapdag ontneem nadat 'n aantal kinders die skoolterrein op Maandag 29 September te vroeg verlaat het nadat hulle daar was om hul nasionale senior sertifikaat-briewe (NSS) te ontvang.
2 mins
October 21, 2025

Swartland Gazette
Akademia open deure in die Paarl
Akademia het die afgelope Woensdag (15 Oktober) 'n nuwe hoofstuk in die Afrikaanse hoër onderwys geskryf met die amptelike opening van sy splinternuwe kampus in die Paarl. Dié onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling, wat reeds in Pretoria gevestig is, het daarmee sy voetspoor na die Wes-Kaap uitgebrei.
2 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
WOW, dié leerders kan in drie tale behoorlik spel
Altesaam 549 leerders van oor Suid-Afrika heen het hul opwagting op Saterdag 11 Oktober by die Universiteit Stellenbosch (US) vir die nasionale eindronde van die 16de Sanlam-Woorde Open Wêrelde-spelfees (WOW) gemaak – een van die grootste en mees inklusiewe spelfees in die land.
1 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
'n Maand sonder sosiale media
Twee Drakenstein-inwoners het besluit om aan die globale NoSo-November-veldtog deel te neem en vir 30 dae hul sosialemediaverbruik te verminder of heeltemal uit te skakel.
2 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
Wêreld-voedseldag in M'burg gevier
Die Wes-Kaap se departement van landbou het onlangs Wêreld-voedseldag in Moorreesburg gevier. Dit is op 16 Oktober 'n jaarlikse inisiatief van die Voedsel en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (FOA).
2 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
SA's leading artisnal showcase at Allée Bleu
The Drakenstein Valley adds another jewel to its crown this October as KAMERS/Makers, South Africa's leading artisan showcase, opens its doors at the renowned Allée Bleue Wine Estate.
2 mins
October 21, 2025
Swartland Gazette
Swartland-'Skryfyster' maak golwe
Die Skryfyster van die Swartland, wie se skryfwerk die afgelope dekade oor verskeie bedrywe strek, maak golwe met die vrystelling van haar eerste bundel kortverhale.
3 mins
October 21, 2025
Listen
Translate
Change font size