Essayer OR - Gratuit

Breinvliesontsteking eis student

Swartland Gazette

|

August 12, 2025

Chris Scheffers (19), die matiestudent van Riebeek-Wes wat verlede Saterdag (2 Augustus) dood in sy kamer by die Dagbreek-koshuis gevind is, het weens breinvliesontsteking gesterf, het die Universiteit Stellenbosch in hul nuutste verklaring met betrekking tot Scheffers se dood bevestig.

- Charlotte Lesch

Scheffers, wat in die Swartland grootgeword het, was 'n tweedejaar-teologiestudent. Sy grootmaak-ma, Izolda Majiedt, wat hom saam met haar man, Fanie, reeds op die ouderdom van drie maande saam met sy biologiese ma (wat intussen oorlede is), in hul huis verwelkom het, sê Chris was 'n kind van die Here.

"My enigste troos as 'n ma is om te weet hy is by die Here," voeg sy hartseer by.

Haar aangenome seun het in die eerste kwartaal van sy onderwysstudies aan Majiedt gesê dit is nie vir hom nie. Hy wil teologie studeer.

Dié skielike verandering van loopbaan het as geen verrassing vir haar en almal wat hom geken het, gekom nie. Die kinders op skool by Schoonspruit Sekondêr en die studente by Dagbreek-koshuis het hom "pastor" genoem aangesien hy die evangelie verkondig het, vertel sy laggend.

Scheffers se gawe om te kan sing, is op driejarige ouderdom in die VGK-gemeente in Riebeek-Kasteel ontbloot.

"Hy het basies in die kerk grootgeword en was ook in die kerkkoor waar ek betrokke is. Ons albei het 'n passie vir kerkmusiek; daar het ons mekaar aangevul."

Sy musikale talent het nie by sy nootvaste stem opgehou nie. Scheffers het die gawe gehad om verskeie musiekintrumente te speel, wat hy self aangeleer het.

"Chris was 'n model-kind wat op skool altyd sy beste wou gee. Hy was 'n uitstekende leerder."

Majiedt onthou met vreugde hoe Scheffers in die middae ná skool sy tas neergesit en eers op sy kitaar of trekklavier getokkel het voordat hy met die dag se huiswerk sou wegspring.

Hy het in Riebeek-Wes-primêr en Schoonspruit-sekondêr opgang gemaak toe hy aan vertonings deelgeneem en sy talent met ander gedeel het.

"Hy het verlede jaar in die universiteit se koor gesing," vertel sy trots. "Ek het hom my babakind genoem. Hy het lig aan almal gebring. Chris was die sonskyn in ons huis."

PLUS D'HISTOIRES DE Swartland Gazette

Swartland Gazette

Lions deel weer Kersgeskenke uit

Die gewilde Lions-organisasie, wat wonderlike werk in die gemeenskap van Malmesbury doen om verskeie welsynsorganisasies en mense in nood te ondersteun, het - soos dit elke jaar die gewoonte is - hul jaar se aktiwiteite afgesluit deur Kersgeskenke aan organisasies en mense in nood uit te deel.

time to read

1 min

December 16, 2025

Swartland Gazette

OM in Malmesbury heropen

Ná maande se navorsing, personeelbetrokkenheid, projekbeplanning en bouwerk vier Old Mutual PFA Malmesbury die amptelike opening en inhuldiging van sy Re-imagined-perseel.

time to read

2 mins

December 16, 2025

Swartland Gazette

20ste jeugkamp 'n groot sukses

Die 20ste Sondeza Afri-Jeugkamp is verlede week in die Swartland gehou.

time to read

1 mins

December 16, 2025

Swartland Gazette

Hou jou kinders só veilig!

Met die Desembervakansie, wat amptelik begin het, waarsku Badisa dat kinders hierdie jaar aan verhoogde veiligheidsrisiko's blootgestel kan wees.

time to read

2 mins

December 16, 2025

Swartland Gazette

Swartland Gazette

Eeue oue erfenis in as

Een van die oorspronklike woonhuise op die Waylands-plaas net buite Darling, is “binne vyf minute” in ’n brand verwoes.

time to read

2 mins

December 16, 2025

Swartland Gazette

Wesbank-sportlui vereer

Die Wesbank-rugbyklub het sy jaarlikse bekeruitdeling die afgelope Saterdag (13 Desember) in die gemeenskapsaal in Malmesbury gehou, waar spelers en sportadministrateurs vir hul bydraes in 2025 vereer is.

time to read

1 mins

December 16, 2025

Swartland Gazette

Swartland Gazette

LDU-hoof groet ná 30 jaar; gaan kinders en kollegas mis

Francois Smit (65) tree ná 30 jaar as hoof van die Laerskool Dirkie Uys in Moorreesburg af nadat sy onderwysloopbaan jare gelede - in 1986 - amptelik in Piketberg begin het.

time to read

3 mins

December 16, 2025

Swartland Gazette

Meyer se laaste

Deon Meyer, die skrywer van 17 romans en drie verdere publikasies, het Donderdag sy laaste boekbekendstelling vir 2025 as gas van Malmesbury Boekklub aangebied.

time to read

1 mins

December 09, 2025

Swartland Gazette

Swartland Gazette

Celebrating 30 Years of McDonald's South Africa

Before joining McDonald's, Luther Bakkes built a career as a professional rugby player with the Cheetahs, Blue Bulls and Griquas.

time to read

2 mins

December 09, 2025

Swartland Gazette

Doeke uitgedeel

Dorian Jeposa, 'n arbeidsraadgewer by 'n organisasie sonder winsbejag in die Swartland - een wat hulle op arbeidsake toespits - en sy vrou, Belinda, 'n voormalige verpleegster, wat deesdae 'n berader is en by die organ-isasie betrokke is, het die afgelope Donderdag (4 Desember) pakkies vol bababenodigdhede by die plaaslike kliniek in Chatsworth gaan aflewer.

time to read

1 min

December 09, 2025

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size