Intentar ORO - Gratis
PLANNER SPOIL DIÉ COUPLES SE TROUES
Die Son
|December 18, 2025
Paartjies hul geld en groot dag kwyt
-
HIER: Die venue waar al die troues sou plaasvind.
TROUREËLINGS en die aanloop tot die groot dag is veronderstel om een van die beste ervaringe in 'n mens se lewe te wees. Dié ervaring het egter vir etlike bruide in 'n nagmerrie ontaard toe hulle wedding planner met al hulle geld soos mis voor die son verdwyn het.
'n Video van 'n gebroke bruid wat haar hart uitstort nadat haar trouebeplanner, Bonita Smith (ook bekend as Swarts), haar in kennis gestel het dat sy bankrot is en haar vrywillig oorgegee het vir sekwestrasie, het dié week talle Kapenaars se hartsnare geroer.
Dié video het egter 'n groot bohaai ontketen toe nóg bruide na vore getree en ook hulle stories gedeel het.
Al die bruide (tot dusver ag) was veronderstel om in Desember en Januarie te trou en het almal bedrae van tussen R45 000 en R60 000 aan Bonita betaal wat nou nie meer hulle troues insluitende die venue, dekor en kos kan behartig nie omdat haar bankrekeninge glo dolleeg is.
Dié bedrogspul laat baie paartjies nou in sak en as sit en wonder oor wat hulle plan van aksie is.
Amber Moses van Stellenbosch en haar verloofde het in Januarie vir Bonita ontmoet en in Februarie bespreek vir hulle troue, wat op 16 Desember sou plaasvind
"Alles was volgens ons in orde en toe kry ons Maandagoggend 09:58 'n boodskap wat lees sy is bankrot. Ek het haar probeer bel, maar die foon het reguit voicemail toe gegaan. Ook haar WhatsApp werk nie. Ons het toe na die venue, Ou Stal in Stellenbosch, gegaan waar die eienaar ons ook in kennis gestel het dat Bonita bankrot is."
Die paartjie het altesaam R57 000 aan Bonita betaal.
Esta historia es de la edición December 18, 2025 de Die Son.
Suscríbete a Magzter GOLD para acceder a miles de historias premium seleccionadas y a más de 9000 revistas y periódicos.
¿Ya eres suscriptor? Iniciar sesión
MÁS HISTORIAS DE Die Son
Die Son
DAM EIS 'N TIENJARIGE
DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.
3 mins
December 18, 2025
Die Son
Man is al keelvol van teistering
'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom
Trént laat rek.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
JUNIOR HET SY KIDS BESKERM
JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!
O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?
2 mins
December 18, 2025
Die Son
'EK IS HIER NET DEUR GENADE'
Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE
DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY
SON KOLLIG OP DERDE LIGA
2 mins
December 18, 2025
Die Son
DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT
DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
MI Cape Town SA20-titel defence begin
ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.
1 min
December 18, 2025
Listen
Translate
Change font size
