Intentar ORO - Gratis

Lucan kom tot die vrou se redding en stof gangsters af

Die Son

|

May 29, 2025

Elda Balie is een van daardie huiswinkeleienaars hier in Manenberg wat weier om protection money te betaal. Nou moet sy vanaand boet daarvoor.

Een van die skurke druk 'n gun teen haar kop, ten aanskoue van almal in die straat. Haar bure is in die middel van die nag uit hulle diep slaap gewek deur haar angsgille. Niemand waag dit egter om iets te doen nie. Hulle moet maar net toekyk hoe hierdie geliefde inwoner voor hulle oë doodgeskiet word. Sy wat altyd uit haar pad gegaan het om haar medemens te help.

"Jy moes nooit geweier het om te betaal nie. Nou gaan ons jou sat maak. En jou huiswinkel afbrand," sê die skurk. Sy vinger krul om die sneller van die pistool.

Elda knyp haar oë toe, vou haar hande en laat sak haar kop. Sy prewel saggies 'n gebed.

'n Gil klink skielik uit een van die jaarte af op. Almal se koppe draai in daardie rigting. Selfs die gangsters swaai om en kyk verbaas na 'n bejaarde man wat daar in sy jaart staan en bewerig na iets bokant hom beduie.

Nou ruk almal se kop op na waar hy beduie. Vir 'n oomblik weet niemand presies wat nou daar in die lug besig is om te gebeur nie.

Al wat hulle kan uitmaak, is die skeur wat sommerso daar uit die niet in die lug verskyn. Terwyl almal nog wonder oor die snaakse fenomeen, weergalm 'n donderslag deur die gebied. Groen weerligstrale skiet uit die skeur soos dit groter oopgeruk word.

Almal ruk soos hulle skrik.

Toe gebeur iets wat hulle nog nooit voorheen aanskou of ervaar het nie. Uit daardie skeur kom 'n vreemde, menslike wese te voorskyn. Van kop tot tone in swart bedek, met 'n donker mantel wat agter sy rug wapper. Die hele figuur is gebaai in 'n helder groen lug.

MÁS HISTORIAS DE Die Son

Die Son

Die Son

DAM EIS 'N TIENJARIGE

DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.

time to read

3 mins

December 18, 2025

Die Son

Man is al keelvol van teistering

'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.

time to read

1 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom

Trént laat rek.

time to read

1 mins

December 18, 2025

Die Son

JUNIOR HET SY KIDS BESKERM

JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!

O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

'EK IS HIER NET DEUR GENADE'

Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE

DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY

SON KOLLIG OP DERDE LIGA

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT

DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

MI Cape Town SA20-titel defence begin

ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.

time to read

1 min

December 18, 2025

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size