Intentar ORO - Gratis
TROUE-VREUGDE BRING TRAGEDIE
Die Son
|May 29, 2025
Pleks van feesvier vloei die trane ná drie oppad na troue in ongeluk sterf
WAT veronderstel was om 'n besoek propvol liefde en geluk te wees, het tragies geëindig toe 'n ma en dogter en dié dogter se beste vriend op slag dood is in 'n ongeluk op pad Namibië toe.
Die drietal - Shahida Jooste (26), Carol Jooste (54) en Matthew Kotzé (26) - was op pad na 'n troue in Walvisbaai, saam met twee ander voertuie, maar dié drie het nooit hulle eindbestemming gehaal nie.
Shahida sou strooi, Matthew sou foto's neem en Carol sou hulp verleen waar dit die dekor betref. Hulle hartseer families gaan nou egter moet bruilof vier sonder hulle teenwoordigheid.
Wanneer jy familie en vriende vra oor Matthew en Shahida se verhouding, is die opsomming dat hulle mekaar se ride or die's was. Die twee was albei aspirant-akteurs en het selfs saamgewerk aan 'n internasionale produksie in Kaapstad.
Bernice Jooste, Carol se skoondogter, vertel sy en haar man was in een van die ander voertuie wat saam met die drie op pad was Namibië toe. Hulle het vooruit gery.
"Later die aand het hulle nie hier uitgekom nie en ons het gehoor daar was 'n ongeluk. Op daardie tydstip het ons geweet dis 'n ernstige ongeluk, maar het nie met sekerheid geweet dat hulle wel betrokke was nie."
Die gevreesde nuus het etlike ure later gekom: Die drie is op slag dood.
Esta historia es de la edición May 29, 2025 de Die Son.
Suscríbete a Magzter GOLD para acceder a miles de historias premium seleccionadas y a más de 9000 revistas y periódicos.
¿Ya eres suscriptor? Iniciar sesión
MÁS HISTORIAS DE Die Son
Die Son
DAM EIS 'N TIENJARIGE
DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.
3 mins
December 18, 2025
Die Son
Man is al keelvol van teistering
'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom
Trént laat rek.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
JUNIOR HET SY KIDS BESKERM
JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!
O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?
2 mins
December 18, 2025
Die Son
'EK IS HIER NET DEUR GENADE'
Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE
DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY
SON KOLLIG OP DERDE LIGA
2 mins
December 18, 2025
Die Son
DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT
DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
MI Cape Town SA20-titel defence begin
ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.
1 min
December 18, 2025
Listen
Translate
Change font size
