Try GOLD - Free
Arende bou diepte en vuurkrag
George Herald
|George Herald
Die SWD Arende het 'n duidelike sein van voorneme vir die komende seisoen uitgestuur deur hul gekontrakteerde spelersgroep wesenlik met 10 nuwe aanwinste, wat pas by die unie aangesluit het, te versterk.
Volgens Heyneke Meyer, die hoof-afrigter, is dié uitbreiding deel van 'n doelgerigte plan om 'n groep van 32 spelers saam te stel wat die fisieke eise en intensiteit van die seisoen kan hanteer.
Hy het aan George Herald gesê onderhandelinge met nog 'n paar topspelers in sleutelposisies is tans aan die gang, en verdere aankondigings kan binnekort verwag word.
"Ons wil veral ons diepte op skrumskakel en slot versterk," het Meyer bevestig. "Dit is posisies waar jy eenvoudig nie kan bekostig om dun gesaai te wees nie."
Die Arende se oefengroep, wat Maandag amptelik begin voorberei het, bestaan uit 'n goed gebalanseerde kern van jong spelers, aangevul deur 'n handvol belowende klubspelers. Volgens Meyer is die energie en ingesteldheid binne die groep reeds merkbaar positief.
"Daar is groot opgewondenheid onder die spelers. Die energie wat hulle inbring is aansteeklik en bemoedigend," het hy gesê.
"Vir my is dit uiters belangrik om van die begin af die regte kultuur en gees in die groep te vestig, en al die tekens is daar dat die spelers oorgehaal is om saam daaraan te bou en dit lewendig te hou."
SWD Arende roer: Nuwe aanwinste, nuwe hoop... maar die klok tik vir 2026. Die tyd is min om spelers se kondisionering op te skerp, en ons sal vinnig moet inhaal as ons vanjaar mededingend wil wees, sê Heyneke Meyer.
This story is from the George Herald edition of George Herald.
Subscribe to Magzter GOLD to access thousands of curated premium stories, and 10,000+ magazines and newspapers.
Already a subscriber? Sign In
MORE STORIES FROM George Herald
George Herald
Smith Power brings world-class turf solutions to George
Smith Power Equipment, a trusted and established name in South Africa's agriculture and turf equipment industry for over 30 years, is proud to announce the grand opening of its new branch in George.
1 mins
George Herald
George Herald
KI-karikature groot pret, MAAR ...
Die eerste nuwe kunsmatige intelligensie (KI) tendens vir 2026 is sekerlik die prettige karikatuurprentjies wat skielik wyd en syd versprei word.
2 mins
George Herald
George Herald
Grootbrak-leeskring hou eerste byeenkoms van 2026
By die onlangse byeenkoms van die Grootbrak-leeskring het die skrywer Julio Agrella, 'n inwoner van die Tuinroete, oor vier van sy boeke uitgewei.
1 min
George Herald
George Herald
Eden Camerata reg vir multi- media-produksies en konserte
Die kamerkoor Eden Camerata, onder leiding van dr.
1 min
George Herald
George Herald
Great start for Badgers in one-day cup
The Garden Route Badgers started their Cricket SA One-day Cup campaign on a high last weekend with a seven-wicket victory against the Northern Cape Heat in Oudtshoorn.
1 min
George Herald
George Herald
Ashwin Willemse bring inspirasie na George-skole
Die Ebrahim Patel-gemeenskapsbekertoernooi se opbouprogram vir 2026 kry hierdie week momentum wanneer die voormalige Springbok en wêreldbekerwenner, Ashwin Willemse, twee rugbyklinieke in George aanbied.
1 min
George Herald
George Herald
Heidedal blink in nuwe rugbytruie
Heidedal Primêr het onlangs, danksy die ruim borgskap van Daisy Business Solutions, met groot dankbaarheid hul nuwe rugbyuitrustings vir die 2026-seisoen bekendgestel.
1 min
George Herald
George Herald
Jong atlete laat die rekords spat
Talle rekords het tydens die afgelope George-streekbyeenkoms gespat toe hoër-skoolatlete van regoor George mekaar die stryd aangesê het.
1 mins
George Herald
George Herald
George Post Office neglected but operational
The neglected state of the George Post Office building in York Street is a sad sight, but the branch is still operational despite uncertainty over the future of the South African Post Office (Sapo).
1 min
George Herald
George Herald
No major events for Rosemoor track
January demonstrate the facility's functionality and demand,\" Edwards said.
1 mins
George Herald
Listen
Translate
Change font size
