Try GOLD - Free
LIG Magazine - September 2020
Go Unlimited with Magzter GOLD
Read LIG along with 10,000+ other magazines & newspapers with just one subscription
View CatalogSubscribe only to LIG
Cancel Anytime.
(No Commitments) ⓘIf you are not happy with the subscription, you can email us at help@magzter.com within 7 days of subscription start date for a full refund. No questions asked - Promise! (Note: Not applicable for single issue purchases)
Digital Subscription
Instant Access ⓘSubscribe now to instantly start reading on the Magzter website, iOS, Android, and Amazon apps.
Verified Secure
payment ⓘMagzter is a verified Stripe merchant.
In this issue
Jy is 'n lewende brief!
Pen en papier kan dinge losmaak, gesond maak, mooi maak. Gedurende die saamstel van die September-uitgawe van LiG het ons met vele mense en oomblikke te doene gekry rondom skryf, papier en ink.
En ons harte loop oor van vreugde- en dankbaarheid-ink in die LiG-kantoor. Wat ’n voorreg om ander se lewensveranderende briewe te kan lees; Suid-Afrika se geliefde sonneblom-vrou Susan Coetzer beter te leer ken; en grepies van ander se pyn en hartseer met ink vas te pen.
Sangeres Nadine Blom deel met ons die emosies wat sy probeer het om vas te vang in ’n brief toe sy die nuus van haar suster se afsterwe ontvang het. Wat selfs meer hartsverskeurend is, is dat sy eers ná haar suster se dood ’n briefie ontdek het wat haar sus weer vir háár geskryf het ’n paar weke voor haar dood.
Daarin staan onder meer: “Jy, my sus, tel my op, jy sien my ... Ek glo ons sal mekaar weer sien voor die lewe uit een van ons twee se oë uitgaan.”
Om só oor jou seer, trauma en ervarings te skryf, is ’n vorm van terapie, vertel dié wat weet. Skryf kan jou ook help om jou geestelike reis met God te verdiep. In die September-uitgawe vertel ’n klompie LiG-lesers hoe waardevol ’n Bybeljoernaal vir hulle is. Daarin skryf hulle hul gedagtes, emosies, Bybelverse en gebede neer.
En dan is ons span in die LiG-kantoor veral geroer deur die skrif van Paulus, waar gelowiges "lewende briewe van Christus" genoem word.
Jesus het in ons lewe geskryf, sê Hy, nie met ink nie, maar met die Heilige Gees. En nie op papier nie, maar op ons hart (2 Kor 3:3).
LIG Magazine Description:
LiG is 'n praktiese gesins- en geloofsgids met Christelike inhoud wat verryk en inspireer. Dit is ’n asemskep-plek vir elke Christenouer. Deur mense se stories te vertel en praktiese raad te gee, inspireer, bemoedig en bring ons hoop. Ons stap saam op jou geloofsreis. Ons gee raad vir ouers, huwelike en almal wat in hulle geloof wil groei. LiG – vir jou en jou mense.
Recent issues
Lente/Koninkryk 2025
Winter/Pinkster 2025
Herfs/Paasfees 2025
Somer/Kersfees 2024
Lente/Koninkryk 2024
Winter/Pinkster 2024
Herfs/Paasfees 2024
Somer/Kersfees 2023
Lente/Koninkryk 2023
Winter/Pinkster 2023
Herfs/Paasfees 2023
Somer/Kersfees 2022
Lente/Koninkryk 2022
Winter/Pinkster 2022
Herfs/Paasfees 2022
Somer/Kersfees 2021
Lente Uitgawe 2021
Pinksteruitgawe 2021
Februarie 2021
Desember 2020/Januarie 2021
November 2020
Oktober 2020
August 2020
July 2020
June 2020
April 2020
Maart 2020
Februarie 2020
Desember 2019/Januarie 2020
