Denemek ALTIN - Özgür
Bek-en-klou knou beesboere
Swartland Gazette
|November 11, 2025
'n Positiewe geval van bek-en-klouseer (BKS) is verlede week op 'n eiendom in die omgewing van Gouda bevestig nadat 'n boer in die Vrystaat op 1 November simptome van dié siekte by sy kudde opgemerk en aangemeld het.
Die gebeure kom nadat die beeste onlangs vanuit die Gouda-omgewing na die betrokke plaas in die Vrystaat vervoer is. Veeartsenydienste is ontbied, wat die boer se plaas in kwarentyn geplaas het. "Gedurende verdere ondersoek het veeartse mondletsels by die beeste opgemerk," bevestig dr. Lesley van Helden, staatsveearts by die Wes-Kaap se departement van landbou.
Bek-en-klouseer is kort daarna in 'n laboratorium bevestig nadat monsters vir toetse gestuur is.
"Alle eiendom met gekloofde hoefdiere binne 'n 10 km radium van die uitbraak, is onder kwarentyn geplaas. Inspeksies en toesig word tans op die betrokke plase uitgevoer, voeg sy by. Twee addisionele eiendomme in Velddrif en Bredasdorp wat kuddes na die betrokke eiendom in Gouda gestuur het, is intussen ook onder kwarentyn geplaas en word ondersoek.
Alle plase wat onlangs in kontak met die betrokke vee-vervoermaatskappy was, word ook opgevolg. Agri Wes-Kaap en die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) Wes-Kaap bevestig dat daar 'n omvattende operasionele plan saamgestel is in samewerking met die Wes-Kaapse departement van landbouveeartseny (DWLK) om die huidige bek-en-klouseer situasie (BKS) in die Gouda-area te bestuur.
Bu hikaye Swartland Gazette dergisinin November 11, 2025 baskısından alınmıştır.
Binlerce özenle seçilmiş premium hikayeye ve 9.000'den fazla dergi ve gazeteye erişmek için Magzter GOLD'a abone olun.
Zaten abone misiniz? Oturum aç
Swartland Gazette'den DAHA FAZLA HİKAYE
Swartland Gazette
Lions deel weer Kersgeskenke uit
Die gewilde Lions-organisasie, wat wonderlike werk in die gemeenskap van Malmesbury doen om verskeie welsynsorganisasies en mense in nood te ondersteun, het - soos dit elke jaar die gewoonte is - hul jaar se aktiwiteite afgesluit deur Kersgeskenke aan organisasies en mense in nood uit te deel.
1 min
December 16, 2025
Swartland Gazette
OM in Malmesbury heropen
Ná maande se navorsing, personeelbetrokkenheid, projekbeplanning en bouwerk vier Old Mutual PFA Malmesbury die amptelike opening en inhuldiging van sy Re-imagined-perseel.
2 mins
December 16, 2025
Swartland Gazette
20ste jeugkamp 'n groot sukses
Die 20ste Sondeza Afri-Jeugkamp is verlede week in die Swartland gehou.
1 mins
December 16, 2025
Swartland Gazette
Hou jou kinders só veilig!
Met die Desembervakansie, wat amptelik begin het, waarsku Badisa dat kinders hierdie jaar aan verhoogde veiligheidsrisiko's blootgestel kan wees.
2 mins
December 16, 2025
Swartland Gazette
Eeue oue erfenis in as
Een van die oorspronklike woonhuise op die Waylands-plaas net buite Darling, is “binne vyf minute” in ’n brand verwoes.
2 mins
December 16, 2025
Swartland Gazette
Wesbank-sportlui vereer
Die Wesbank-rugbyklub het sy jaarlikse bekeruitdeling die afgelope Saterdag (13 Desember) in die gemeenskapsaal in Malmesbury gehou, waar spelers en sportadministrateurs vir hul bydraes in 2025 vereer is.
1 mins
December 16, 2025
Swartland Gazette
LDU-hoof groet ná 30 jaar; gaan kinders en kollegas mis
Francois Smit (65) tree ná 30 jaar as hoof van die Laerskool Dirkie Uys in Moorreesburg af nadat sy onderwysloopbaan jare gelede - in 1986 - amptelik in Piketberg begin het.
3 mins
December 16, 2025
Swartland Gazette
Meyer se laaste
Deon Meyer, die skrywer van 17 romans en drie verdere publikasies, het Donderdag sy laaste boekbekendstelling vir 2025 as gas van Malmesbury Boekklub aangebied.
1 mins
December 09, 2025
Swartland Gazette
Celebrating 30 Years of McDonald's South Africa
Before joining McDonald's, Luther Bakkes built a career as a professional rugby player with the Cheetahs, Blue Bulls and Griquas.
2 mins
December 09, 2025
Swartland Gazette
Doeke uitgedeel
Dorian Jeposa, 'n arbeidsraadgewer by 'n organisasie sonder winsbejag in die Swartland - een wat hulle op arbeidsake toespits - en sy vrou, Belinda, 'n voormalige verpleegster, wat deesdae 'n berader is en by die organ-isasie betrokke is, het die afgelope Donderdag (4 Desember) pakkies vol bababenodigdhede by die plaaslike kliniek in Chatsworth gaan aflewer.
1 min
December 09, 2025
Listen
Translate
Change font size
