Essayer OR - Gratuit
Bek-en-klou knou beesboere
Swartland Gazette
|November 11, 2025
'n Positiewe geval van bek-en-klouseer (BKS) is verlede week op 'n eiendom in die omgewing van Gouda bevestig nadat 'n boer in die Vrystaat op 1 November simptome van dié siekte by sy kudde opgemerk en aangemeld het.
Die gebeure kom nadat die beeste onlangs vanuit die Gouda-omgewing na die betrokke plaas in die Vrystaat vervoer is. Veeartsenydienste is ontbied, wat die boer se plaas in kwarentyn geplaas het. "Gedurende verdere ondersoek het veeartse mondletsels by die beeste opgemerk," bevestig dr. Lesley van Helden, staatsveearts by die Wes-Kaap se departement van landbou.
Bek-en-klouseer is kort daarna in 'n laboratorium bevestig nadat monsters vir toetse gestuur is.
"Alle eiendom met gekloofde hoefdiere binne 'n 10 km radium van die uitbraak, is onder kwarentyn geplaas. Inspeksies en toesig word tans op die betrokke plase uitgevoer, voeg sy by. Twee addisionele eiendomme in Velddrif en Bredasdorp wat kuddes na die betrokke eiendom in Gouda gestuur het, is intussen ook onder kwarentyn geplaas en word ondersoek.
Alle plase wat onlangs in kontak met die betrokke vee-vervoermaatskappy was, word ook opgevolg. Agri Wes-Kaap en die Rooivleis Produsente-organisasie (RPO) Wes-Kaap bevestig dat daar 'n omvattende operasionele plan saamgestel is in samewerking met die Wes-Kaapse departement van landbouveeartseny (DWLK) om die huidige bek-en-klouseer situasie (BKS) in die Gouda-area te bestuur.
Cette histoire est tirée de l'édition November 11, 2025 de Swartland Gazette.
Abonnez-vous à Magzter GOLD pour accéder à des milliers d'histoires premium sélectionnées et à plus de 9 000 magazines et journaux.
Déjà abonné ? Se connecter
PLUS D'HISTOIRES DE Swartland Gazette
Swartland Gazette
Nuwe koerant kom in Maart
In 'n tydperk waar talle Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, het Novus Media aangekondig dat 'n nuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, op 6 Maart 2026 bekendgestel sal word. Hierdie inisiatief volg op die skielike sluiting van toonaangewende Afrikaanse titels soos Beeld en Rapport verlede jaar. Die aankondiging bring nuwe hoop vir Afrikaanse joernalistiek en spreek 'n duidelike leemte in die drukmedia aan.
2 mins
December 02, 2025
Swartland Gazette
Dominee het nou regsgraad
'n Dominee en boorling van Saron en wat in 2013 daarvan beskuldig is dat hy 'n minderjarige meisie tydens 'n kerk-jeugkamp seksueel mishandel het, is nie net vrygespreek van die bewerings en strafregtelike aanklagte nie, maar spog nou ook met 'n regsgraad wat hy verlede maand aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf het.
2 mins
December 02, 2025
Swartland Gazette
Hier gaan jy juis nie lank wag
Q4 Fuel, 'n trots Suid-Afrikaanse handelsmerk wat die amptelike opening van sy splinternuwe vulstasie in Malmesbury op die hoek van Jasmynstraat en Darlingweg vier, is sedert 2005 'n toonaangewende brandstofverskaffer oor Suid-Afrika heen.
1 mins
December 02, 2025
Swartland Gazette
Two die in airfield crash
Two people were killed on Sunday afternoon (30 November) when a Sling 2 aircraft crashed shortly after takeoff from Morningstar Airfield near Vissershok in Cape Town. The South African Civil Aviation Authority's Accidents and Incidents Investigations Division (AIID) has confirmed it has launched a full investigation into the fatal accident.
1 mins
December 02, 2025
Swartland Gazette
16-jarige Micha Africa in 100 m in Afrika-jeugspele
Micha Africa (16), die rekordbreker-atleet van Malmesbury, het sy pad oopgehardloop na die Afrika-jeugspele waar hy Suid-Afrika in die 100m sal verteenwoordig.
1 min
December 02, 2025
Swartland Gazette
Fatal N7 crash lands on R45
Emergency crews responded to a crash yesterday morning at 11:15 (Sunday 30 November) when a vehicle left the roadway on the N7 and landed on the R45 Hopefield Road near Malmesbury.
1 min
December 02, 2025
Swartland Gazette
Nog bek-en-klouseer gekry
Die nuutste verwikkeling rakende die bek-en-klouseer-uitbreking op die geïndekseerde plaas in Gouda dui op nóg beeste gevind wat nie teen die hoogs aansteeklike virussiekte ingeënt is nie. Dít het 'n regstreekse invloed op die kwarantynperiode, kliniese inspeksies en die verdere hantering van die uitbreking.
2 mins
December 02, 2025
Swartland Gazette
Ry nou makliker Spar toe
Spar, The Bank, het die amptelike opening van 'n nuwe afdraai vanuit Darlingweg die afgelope Vrydag (28 November) gevier, wat klante voortaan makliker toegang tot hul winkel sal gee.
1 min
December 02, 2025
Swartland Gazette
Klink 'n glasie – op die tjoekie!
Die Wes-Kaapse mobiliteitsdepartement het 'n ernstige waarskuwing aan motoriste gerig nadat 'n skokkende 24 mense binne net een week weens bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem is.
1 mins
December 02, 2025
Swartland Gazette
Dr. Neethling gaan nou eerder boer
Ná 41 jaar as huisarts het dr. Steyn Neethling sy kantoordeur in Tuinstraat toegetrek.
2 mins
December 02, 2025
Listen
Translate
Change font size
