Facebook Pixel Eduan weer veilig | Swartland Gazette - newspaper - Read this story on Magzter.com

Try GOLD - Free

Eduan weer veilig

Swartland Gazette

|

August 12, 2025

Eduan Kruger (40), 'n voormalige inwoner van Malmesbury en oudleerder van Hoërskool Swartland, het hom in Julie in die konflikgeteisterde gebied op die grens van Thailand en Kambodja bevind. Geweld tussen dié twee lande het op 24 Julie weer opgevlam te midde van 'n jare lange dispuut oor die grens.

- Charlotte Lesch

Minstens 12 mense is op die dag dood.

Eduan en 'n kameraman, wat saam met hom uit Singapoer na Kambodja gereis het, was sowat 20km van waar die geweld uitgebreek het. Hulle was vir werksdoeleindes na 'n nabygeleë woud onderweg.

Eduan is steeds in Kambodja by 'n plaaslike distileringsaanleg, waarheen hy en die kameraman op 20 Julie gereis het. Volgens sy pa, Rico Kruger van Malmesbury, was sy seun in daardie stadium onbewus van die situasie wat in die tussentyd vererger het. Spanning oor die grensgeskil, wat eeue gelede begin het, het glo in Mei weer opgevlam nadat 'n soldaat van Kambodja in 'n geveg dood is, berig die BBC. 'n Soldaat van Thailand het in Julie sy been in 'n landmynontploffing verloor, wat Thailand aangespoor het om sy grensposte te sluit, Kambodja se ambassadeur te verjaag en sy eie terug te roep. Dit het 'n oor-en-weer-geskietery deur [soldate van] beide lande ontketen.

Volgens die NRP-nuuskannaal het Thailand beweer Kambodja met vuurpyle afgevuur terwyl Kambodja vir Thailand van lugaanvalle beskuldig het.

Thailand het 28 Julie ná vredesonderhandelinge op 'n onmiddellike en onvoorwaardelike skietstilstand ooreengekom. Dit het gevolg nadat minstens 35 mense oor die kort tydperk in gevegte dood is en meer as 300 hul huise moes verlaat, berig The Gaurdian.

MORE STORIES FROM Swartland Gazette

Swartland Gazette

Paralytic shellfish toxin alert

The Department of Forestry, Fisheries and the Environment (DFFE) has warned the public not to collect or consume wild shellfish from Saldanha Bay and surrounding coastal areas.

time to read

1 min

June 02, 2026

Swartland Gazette

Skoon en warm voete vir die winter

Die liefdadigheidsorganisasie Youth4Life het die afgelope Vrydag (29 Mei), in samewerking met Samaritan's Feet Suid-Afrika, vrywilligers van Malmesbury en lede vanuit die plaaslike gemeenskap vir die leerders van Riverlands Primêr gaan kuier, waartydens 'n spesiale boodskap van hoop met betrekking tot die pad wat hulle kies om te loop, gedeel is.

time to read

1 min

June 02, 2026

Swartland Gazette

'Die Papier' praat

Die Papier Praat, 'n weeklikse YouTube-nuusprogram, is die jongste toevoeging tot Die Papier-stal. 'n Nuwe program vol nuus sal elke Donderdag om 19:00 uitgereik word.

time to read

1 mins

June 02, 2026

Swartland Gazette

Swartland Gazette

'Arend' broei op dak by CPM uit

Leerders van die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) het die afgelopen Donderdag (28 Mei) 'n opwindende en onvergeetlike dag beleef toe die groot verrassing met betrekking tot 'n groot eier op die skool se dak uiteindelik onthul is.

time to read

1 min

June 02, 2026

Swartland Gazette

Akademia kry grond in Boschenmeer

Die Afrikaanse universiteit Akademia het 'n beduidende stuk grond in die Boschenmeer-gebied van die Paarl verkry, wat 'n groot stap is in die vestiging van 'n permanente kampus vir Afrikaanse hoër onderwys in die Wes-Kaap.

time to read

2 mins

June 02, 2026

Swartland Gazette

Samesyn tel die meeste

Die Malmesbury-rolbalklub het die eerste keer in meer as 'n dekade 'n All Day-rolbalbyeenkoms by die plaaslike klub aangebied.

time to read

1 min

June 02, 2026

Swartland Gazette

Swartland Gazette

Tieners op pad na Italië vir akrobatiese gimnastiek

Antwan Dicks (16) en Chloé Daniels (13) van Malmesbury is op pad na Italië, waar hulle eersdaags die internasionale verhoog in akrobatiese gimnastiek sal betree.

time to read

2 mins

June 02, 2026

Swartland Gazette

W'bank onoorwonne

Mamre begin té laat terugveg

time to read

2 mins

June 02, 2026

Swartland Gazette

Wie is 'n Moeder Theresa?

Wanneer mense van nood bewus raak, sal sommiges dadelik en vurig inspring en help. Ander sal eerder wag totdat hulle wysheid of moed of geld het om te help en dikwels gebeur daar dan niks. Die derde groep sal veroordelend sê die gene wat 'n ramp beleef het, moes van beter geweet en dit voorkom het.

time to read

2 mins

June 02, 2026

Swartland Gazette

Derby tussen LS Darling en Vooruitsig eindig 'gelykop'

Die langverwagte jaarlikse rugby- en netbal-derbywedstryde tussen Darling se twee laerskole is die afgelope Dinsdag (26 Mei), op die Gabriel Pharoah-sportterrein beslis.

time to read

1 mins

June 02, 2026

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size