試す - 無料

Bekende tannie op amper 101 jr oorlede

Gemsbok

|

July 11, 2025

"Ant Bonnie was in ons generasie en gemeenskap 'n ikoon van liefde, medemenslikheid en deursettingsvermoë", sê Rudolph "Bokkie" Saal in 'n whatsApp-boodskap aan die Pretorius-familie wat hul ma in die vroeë oggendure (03h20) van Saterdag 5 Julie aan die dood afgestaan het.

Hilda Kathleen Pretorius (gebore Martin) is op die rype ouderdom van 100 jaar en 364 dae oorlede in die Upington mediese sentrum. Die gemeenskap het haar geken as ant Bonnie, die eggenote van wyle Gert Pretorius, 'n oud-onderwyser en bekende kunstenaar.

Sy is op 6 Julie 1924 op 'n plaas in Boksput in die destydse Botswana Protektoraat gebore, uit 'n gesin van drie, van John en Sophie Martin. Uit haar huwelik is 12 kinders gebore waarvan vyf oorlede is. Ná haar 90ste verjaardag het haar sig verswak en sy het later blind geword. Dit het groot kommer en besorgdheid in haar gesin se lewe meegebring.

Gemsbok からのその他のストーリー

Gemsbok

Russe en NK nou “BVV’s”

Adjunk-Eerste Minister van Ekonomiese Sake, mnr. Oleg Alexandrivich Ermolaev en die Noord-Kaapse Premier, dr. Zamani Saul, onderteken historiese vennootskapsooreenkoms tussen die Republiek van Karelië (Russiese Federasie) en die Noord-Kaap.

time to read

1 min

September 12, 2025

Gemsbok

NK se Jongboer van die Jaar

Stephan Becker, 'n boer van die Upington-omgewing, is verlede week tydens die Agri Noord-Kaapkongres as die 2025 Noord-Kaap Jongboer van die Jaar aangewys.

time to read

1 min

August 29, 2025

Gemsbok

Venter-moord: Verdagtes weer in hof

GEMSBOK-KURUMAN: Die vier verdagtes wat die afgelope week weer in verband met die moord op Hendrik Venter (81), 'n gerespekteerde veeboer van Kuruman, aangekeer is, het Maandag (4 Augustus) in die Landdroshof in Kuruman verskyn.

time to read

2 mins

August 08,2025

Gemsbok

Plaastoe Pretloop steun voedingskema vir kinders in nood

Die inwoners van Upington en omliggende gemeenskappe word genooi om deel te neem aan 'n betekenisvolle geleentheid wat liggaam en siel voed.

time to read

1 min

July 18, 2025

Gemsbok

Voedsel- en Wynfees om die draai

GEMSBOK-UPINGTON: Die Pick 'n Pay Voedselen Wynfees wat gehou word om Op die Voorpos se 140 ste bestaanjaar te vier, is om die draai.

time to read

1 min

July 18, 2025

Gemsbok

NK Woestyn-koningin tuur oor Tankwa Karoo

GEMSBOK-UPINGTON: \"Die Koningin van die Woestyn\" is ontwerp deur Gift, 'n bekende ontwerper van Paballelo Upington. Hierdie pragtige stuk is 'n huldeblyk aan die kulturele erfenis en skoonheid van die Noord-Kaap.

time to read

2 mins

July 18, 2025

Gemsbok

AfriForum kritiseer pogings om straatnaamsverandering in Upington deur te druk

Pogings om die naamsverandering van een van Upington se hoofstrate deur te druk, is volgens AfriForum onbillik aangesien die voorgenome verandering nie aan 'n behoorlike openbare deelnameproses onderwerp is nie.

time to read

1 mins

July 18, 2025

Gemsbok

Is dit nou uit met Schröder en in met Gubula?

Die Dawid Kruiper Munisipaliteit is van plan om Schröderstraat op Upington se naam na QA Gubulastraat te verander en dit lyk asof hulle die proses so vinnig moontlik aan die gang wil sit.

time to read

2 mins

July 18, 2025

Gemsbok

Kalahari kwashale en sketse

Een van die Kalahari-omgewing se kunstenaars, Pieter Pienaar, het nou sy tweede koffietafelboek, Kalahari Kwashale en Sketse, die lig te laat sien.

time to read

3 mins

July 11, 2025

Gemsbok

Kuruman-aanklaer vra dat saak van vermoorde boer moet hervat

Skokgolwe is onlangs vir 'n tweede maal deur die Kurumanen uitgebreide boerderygemeenskap gestuur, na die wrede moord op 'n boer van die omgewing gelei het tot, wat beskryf word as 'n gebrek aan geregtigheid vir die familie van Hendrik Venter (81), nadat die saak van dié vermoorde boer van die hofrol geskrap is.

time to read

2 mins

July 11, 2025

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size