Versuchen GOLD - Frei
Heibi slaan Progress in spannende halfeindstryd
Suid-Kaap Forum
|Suid-Kaap Forum
Heidelberg-rugbyklub het Saterdag na 'n rillerstryd deurgedring tot hul vierde agtereenvolgende SWDRU Superliga A-eindstryd, toe hulle in hul tuishalfeindstryd vir Progress van George naelskraap in die doodsnikke met 45 - 42 verslaan het. Dit, nadat Heibi rustyd met 31-14 in hul Superliga A Top-8 halfeindstryd voor was.
Voorlangs was dit 'n harde stryd. Dit het woes gegaan in die skrums en hier word Dean Hopp, Progress-stut en boorling van Heidelberg, geen genade deur die Heibi-skrummasjien getoon nie. Foto's: Clive Pretorius
(Clive Pretorius)
Met die hardverdiende sege sal hulle hul fanatiese ondersteuners sekerlik hoogs tevrede stel as hulle in hul vyfde poging daarin kan slaag om as alleenhouers van die gesogte beker gekroon te word.
Beide spanne het hulle alles gegee om nie hul lojale ondersteuners teleur te stel nie en is opwindende, aantreklike rugby opgedis. Daar is 12 keer agter die doellyn gekuier en elke span het 'n halfdosyn drieë ingeryg.
Die wedstryd is gekenmerk met goeie aanvallende spel, maar ook rotsvaste verdediging deur beide spanne. Beide spanne het deurgaans puik hardlooprugby aan hul fanatiese ondersteuners gelewer. Progress moes egter vroeg in die wedstryd al sonder hul ervare losskakel en spelmaker, Eric Zana, klaarkom nadat hy deur Heibi se bulsenter, Marquit September, hard gelak is.
Diese Geschichte stammt aus der Suid-Kaap Forum-Ausgabe von Suid-Kaap Forum.
Abonnieren Sie Magzter GOLD, um auf Tausende kuratierter Premium-Geschichten und über 9.000 Zeitschriften und Zeitungen zuzugreifen.
Sie sind bereits Abonnent? Anmelden
WEITERE GESCHICHTEN VON Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Vier skole kry 100%
Hoërskool Langenhoven het bevestig dat hul klas van 2025 'n 100%-slaagsyfer behaal het.
1 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Riversdal neem afskeid van Everton
Die Riversdal-gemeenskap het met diepe hartseer afskeid geneem van Everton Prins, 'n gewaardeerde lid van die munisipale reinigingspan, wie se toewyding en werksetiek 'n blywende indruk op kollegas en inwoners gelaat het.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Min by optog teen dwelms in Albertinia
Die Albertinia-gemeenskapspolisiëringsforum en die Rising Stars-jeugbeweging het Maandag 12 Januarie 'n optog teen dwelms gehou.
1 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Mayflower behaal 224 lopies teen Melkhoutfontein
Melkhoutfontein het egter 'n rampspoedige dag beleef en kon slegs 94 lopies aanteken voordat almal in die 25ste kolfbeurt uitgehaal is.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Andru se kankertrap neem hom deur die Tuinroete
Wanneer Andru van Zyl tussen 13 en 17 Januarie deur die Tuinroete en Hessequa trap, is dit nie net 'n fietsryer wat verbykom nie, maar 'n lewende verhaal van hoop en inspirasie.
1 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Nog 'n sinnelose moord
STILBAAI - Die polisie in Stilbaai ondersoek tans die omstandighede rondom 'n moord wat na bewering Saterdagaand, 10 Januarie, in Melkhoutfontein plaasgevind het.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Bertie Barnard spog met twee nuwe leerkragte
Laerskool Bertie Barnard spog vanjaar met twee nuwe personeellede.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Uitheemse plante verhoog brandgevaar drasties
HESSEQUA - Die afgelope paar weke se brande in Hessequa en omliggende gebiede het die dringendheid bevestig van 'n probleem wat kenners al jare lank uitlig: uitheemse indringerplante verhoog brandgevaar dramaties - terwyl staatsbefondsing vir die bekamping daarvan opdroog.
1 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Gratis toetse vir skoolvervoer in Riversdal
Met skole in die Wes-Kaap wat op 14 Januarie heropen het, verskerp die Wes-Kaapse departement van mobiliteit sy pogings om die veilige vervoer van leerders na en van skole te verseker.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Oud-Oakdaler kritiek na vliegtuigongeluk
'n Oudleerder van Hoër Landbouskool Oakdale, Nicholas Joubert (matriek 2019), is tans in die intensiewesorgeenheid (ICU) nadat hy onlangs in 'n ernstige vliegongeluk betrokke was.
1 min
Suid-Kaap Forum
Listen
Translate
Change font size
