Versuchen GOLD - Frei
NK Woestyn-koningin tuur oor Tankwa Karoo
Gemsbok
|July 18, 2025
GEMSBOK-UPINGTON: "Die Koningin van die Woestyn" is ontwerp deur Gift, 'n bekende ontwerper van Paballelo Upington. Hierdie pragtige stuk is 'n huldeblyk aan die kulturele erfenis en skoonheid van die Noord-Kaap.
-
KgosiKgadi is in opdrag van AfrikaBurn, die Afrika-tak van die internasionale fees, Burning Man, gemaak.
Gift en sy span het hierdie stuk op die AfrikaBurn terrein by Quaggafontein, in die Tankwa Karoo in die Wes-Kaap, gebou. Die hoogste rok wat nog ooit gebou is.
Geïnspireer deur die ontwerper se oorlede moeder, Baitshepi Kgosierileng, 'n kulturele en erfenispraktisyn, en die strawwe maar majestueuse landskap van die Noord-Kaap, staan "KgosiKgadi" 'n indrukwekkende 9 meter hoog.
Die kledingstuk is vervaardig uit 60 meter antieke materiaal, takkies en blare wat uit die woestyn versamel is.
Hierdie vloeiende meesterstuk herdenk die ryk kulturele erfenis van die Noord-Kaap en bring hulde aan die inheemse Khoisanen Griekwa-mense.
Gift het sy lewe gewy aan die bewaring van kultuur en erfenis deur middel van kuns.
Diese Geschichte stammt aus der July 18, 2025-Ausgabe von Gemsbok.
Abonnieren Sie Magzter GOLD, um auf Tausende kuratierter Premium-Geschichten und über 9.000 Zeitschriften und Zeitungen zuzugreifen.
Sie sind bereits Abonnent? Anmelden
WEITERE GESCHICHTEN VON Gemsbok
Gemsbok
In die Wingerde met Mathys Roets
GEMSBOK-UPINGTON: Vier liefde, musiek en fynproewerskos hierdie Valentynsseisoen met 'n onvergeetlike aand by African Vineyard.
1 min
February 13, 2026
Gemsbok
Lauren Cloete neem deel aan New York Fashion Week
GEMSBOK-KAKAMAS: Hierdie pragtige matrikulant van Hoërskool Martin Oosthuizen, wat reeds vier jaar lank afgerig word deur Dawrette Heyns, het gekwalifiseer om van 10 tot 20 Februarie as model deel te neem aan New York Fashion Week in New York, Amerika.
1 min
February 13, 2026
Gemsbok
Diamante versteek in stuurwielbedekking
Twee mans is in Port Nolloth in hegtenis geneem vir beweerde besit van ongepoleerde diamante.
1 min
February 13, 2026
Gemsbok
Drie gaan lank sit vir moord op Upington-sakevrou
Die Noord-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, wat as 'n rondgaande hof in Upington sitting is, het drie beskuldigdes skuldig bevind en gevonnis vir hul onderskeie rolle in die wrede moord en roof van die 71-jarige afgetrede sakevrou, Judith Redelinghuys.
2 mins
February 13, 2026
Gemsbok
Stiefpa gevonnis tot agt jaar vir poging tot verkraging
'n 39-jarige man van Prieska is op Sondag 28 April 2024 tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir die poging tot verkragting van sy stiefdogter.
1 mins
February 06, 2026
Gemsbok
Kenner kom praat oor uitheemse plant indringing
Kaktus, Satansbos & Prosopis
1 min
January 30, 2026
Gemsbok
Landelike besighede in die Noord-Kaap behaal groot voorsprong met RI.5 miljoen befondsing
'n Kragtige vennootskap tussen Anglo American se Zimele-program en Sigma het R1.5 miljoen in 45 landelike entrepreneurs in die Noord-Kaap ingespuit, wat hulle die brandstof gee wat hulle nodig het om hul besighede te begin of te laat groei.
1 min
January 30, 2026
Gemsbok
Twee met beskermde plante betrap
Twee verdagtes het Maandag 26 Januarie 2026 in die Springbok-landdroshof verskyn, na hul inhegtenisneming op Sondag 25 Januarie 2026 vir beweerde oortreding van die Wet op Natuurbewaring 9 van 2009, Artikels 50 en 5.
1 min
January 30, 2026
Gemsbok
Namakwa-burgemeester eis volskaalse ondersoek na skoolbusongeluk
GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Namakwa uitvoerende burgemeester het 'n volskaalse ondersoek na die ongeluk wat verlede Maandag op die pad tussen Soebatsfontein en Komaggas plaasgevind het, versoek.
1 min
January 30, 2026
Gemsbok
Help só vir JP
En dit is presies wat verskeie mense in Upington doen nadat die 16-jarige JP Jansen van Rensburg se lewe verlede jaar onherroeplik verander het na 'n grusame motorongeluk.
2 mins
January 30, 2026
Listen
Translate
Change font size
