Versuchen GOLD - Frei
MUSIEK UIT 'N PLEK VAN ERVARING
Die Son
|October 16, 2025
IN 'N wêreld waar roem dikwels met glamour en rykdom geassosieer word, staan Kevin Booysen (51) as 'n ander soort ster uit.
Die stigter van die gospel-aanbiddingsgroep Dumisani beskryf homself eenvoudig as 'n stem in die woestyn.
Booysen se verhaal begin in Woodlands in Mitchells Plain, waar sy enkelma hom en sy suster op 'n government grant grootgemaak het.
Hy vertel die omstandighede was nie altyd maklik nie, maar dit was daar waar die grondslag van sy geloof en karakter gelê is.
In sy twintigerjare, terwyl hy in 'n informele nedersetting in Heinz Park gewoon het, het Booysen die visie vir Dumisani ontvang.
“Die begin was nederig. Ek en 'n paar ander het begin om koortjies en kerkliedere op kassette op te neem in die instrumente-kamer van 'n kerk en in die sitkamer van 'n vriend se huis,” onthou hy.
“Ons het opnames gedoen met beperkte toerusting, maar baie passie.”
Sitkamer
Wat as 'n klein groep van vier tot vyf mense begin het, het mettertyd gegroei tot een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde gospelaanbiddingsgroepe. Die reis was egter nie maklik nie.
“Ek het begin met niks meer nie as geloof, 'n klomp drome en 'n mikrofoon in iemand se sitkamer,” verduidelik Booysen.
“Ek wou nie net musiek maak nie. Ek wou 'n beweging begin. Met tyd het God deure oopgemaak. Die reis was vol seisoene van wag, geloof en groei, maar elke stap het my karakter gevorm.”
Vandag bestaan Dumisani uit talentvolle sangers, musikante en tegniese mense wat saam een boodskap oordra: Jesus leef.
Diese Geschichte stammt aus der October 16, 2025-Ausgabe von Die Son.
Abonnieren Sie Magzter GOLD, um auf Tausende kuratierter Premium-Geschichten und über 9.000 Zeitschriften und Zeitungen zuzugreifen.
Sie sind bereits Abonnent? Anmelden
WEITERE GESCHICHTEN VON Die Son
Die Son
DAM EIS 'N TIENJARIGE
DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.
3 mins
December 18, 2025
Die Son
Man is al keelvol van teistering
'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom
Trént laat rek.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
JUNIOR HET SY KIDS BESKERM
JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!
O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?
2 mins
December 18, 2025
Die Son
'EK IS HIER NET DEUR GENADE'
Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE
DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY
SON KOLLIG OP DERDE LIGA
2 mins
December 18, 2025
Die Son
DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT
DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
MI Cape Town SA20-titel defence begin
ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.
1 min
December 18, 2025
Listen
Translate
Change font size
