Angela betree die preekstoel en chaos bars los in die kerk
Die Son
|August 21, 2025
Dis Sondag 'n paar maande ná die fight in die ouetehuis. Die gemeente van die VGK Dawidshoogte het almal reeds hulle sitplekke ingeneem in afwagting van die erediens. Edison en Maya is ook in die kerk.
-
Die jeugkoor wieg lekker heen en weer terwyl hulle besig is met hulle praise and worship. Dan is daar 'n vrou wat skielik die preekstoel bestyg. Sy's in swart geklee. Met 'n handsein beveel sy die koor om stil te bly.
Dis Angela. Sy dra 'n swart hoed. 'n Net hang oor haar gesig.
Dan trek sy weg: "Gemeente - broers en susters - ek weet julle het nie verwag om my vanoggend hier op die preekstoel te sien nie.
"Maar daar's iets wat ek met julle moet deel. Iets wat ek van my hart af moet kry. 'n Belydenis.
Tot in hul fondament geruk
"Ek gaan nie nog doekies omdraai nie.
"Gemeente, dis 'n moeilike een, hierdie. 'n Paar maande gelede het ek by iets betrokke geraak. Iets waaroor ek tot vandag toe spyt is.
"Ek het ... wel in 'n oomblik van swakheid vir al die kamma mooi beloftes van 'n sekere man geval. Nou, luister mooi ... hierdie is nie sommer enige man nie. Hy's getroud."
Die skokkende nuus ontketen 'n kortstondige chaos en oproer onder die gemeente. Almal kyk grootoog met monde wat oophang na Angela in afwagting van wat gaan volg.
"Geliefde broers en susters, dié man het my die maan en sterre belowe en ek ... omdat ek in die liefde glo, het ek natuurlik daarvoor geval.
"Vandag erken ek, ek was 'n dwaas. Hy't my soos 'n vloerlap weggesmyt toe ek ... toe ek hom vertel ek's swanger met sy kind," lieg Angela vir die gemeente. Die gemeente is tot in hulle fondament geruk.
"Hierdie kind is verwek op die aand van my verjaardagpartytjie, liewe broers en susters. Terwyl sy vrou uitstedig was.
"Broers en susters, hierdie man is glad nie onbekend aan julle nie. In fact, hy's een van ons lidmate."
"Wie's hy, Angela? Wie's hy? Sê ons!" roep suster Nesie, nog 'n groot skinderbek, uit.
Haar man, oom Boet, stamp haar liggies aan die arm en beduie sy moet stilbly.
Diese Geschichte stammt aus der August 21, 2025-Ausgabe von Die Son.
Abonnieren Sie Magzter GOLD, um auf Tausende kuratierter Premium-Geschichten und über 9.000 Zeitschriften und Zeitungen zuzugreifen.
Sie sind bereits Abonnent? Anmelden
WEITERE GESCHICHTEN VON Die Son
Die Son
DAM EIS 'N TIENJARIGE
DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.
3 mins
December 18, 2025
Die Son
Man is al keelvol van teistering
'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom
Trént laat rek.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
JUNIOR HET SY KIDS BESKERM
JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!
O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?
2 mins
December 18, 2025
Die Son
'EK IS HIER NET DEUR GENADE'
Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE
DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY
SON KOLLIG OP DERDE LIGA
2 mins
December 18, 2025
Die Son
DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT
DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
MI Cape Town SA20-titel defence begin
ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.
1 min
December 18, 2025
Listen
Translate
Change font size
