يحاول ذهب - حر
'DIS ONS KIND WAT DAAR LÊ'
August 21, 2025
|Die Son
"ONS het die skote gehoor, maar nie geweet dit is ons kleinkind wat geskiet is nie.
-
Só sê Bernard Wildeman (51) van Wallacedene, Kraaifontein, nadat sy kleinkind Esmien Francke (12) Dinsdagaand deur 'n dwaalkoeël in die kop getref is.
Die voorval het omstreeks 18:30 in Mti-straat plaasgevind toe bendelede glo begin losbrand.
Dit was nadat hulle op 'n man geskiet het wat deur 'n groep kinders wat in die pad gespeel het, gehardloop het.
"Alles het so vinnig gebeur. Ek en my vrou was by my dogter Cindy se huis, net af in die pad.
"Ons het die skote gehoor, min wetend dat dit ons kleinkind is wat doodgeskiet word,” vertel die oupa hartseer.
“Iemand het geskree: ‘Daar lê 'n kind!’ Toe ons op die toneel kom, sien ek maar dis ons kind wat daar lê.”
Volgens hom het Esmien en haar vriende in die pad gespeel soos hulle maar elke dag doen.
“Toe die skote begin klap, het sy (Esmien) vir hulle in die yard gestoot en sy was die laaste een buite en dis toe die koeël haar tref.”
Stukkend
Haar neef (20) is ook twee keer deur sy bene geskiet toe hy voor in die yard gesit het tydens die voorval. En die neighbour se kind (8) is ook in haar heup getref
“Ons is stukkend. Ek het nie woorde nie. Sy was die enigste kleinkind wat by ons gebly het,” sê hy.
هذه القصة من طبعة August 21, 2025 من Die Son.
اشترك في Magzter GOLD للوصول إلى آلاف القصص المتميزة المنسقة، وأكثر من 9000 مجلة وصحيفة.
هل أنت مشترك بالفعل؟ تسجيل الدخول
المزيد من القصص من Die Son
Die Son
DAM EIS 'N TIENJARIGE
DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.
3 mins
December 18, 2025
Die Son
Man is al keelvol van teistering
'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom
Trént laat rek.
1 mins
December 18, 2025
Die Son
JUNIOR HET SY KIDS BESKERM
JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!
O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?
2 mins
December 18, 2025
Die Son
'EK IS HIER NET DEUR GENADE'
Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE
DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY
SON KOLLIG OP DERDE LIGA
2 mins
December 18, 2025
Die Son
DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT
DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.
2 mins
December 18, 2025
Die Son
MI Cape Town SA20-titel defence begin
ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.
1 min
December 18, 2025
Listen
Translate
Change font size
