Denemek ALTIN - Özgür
Padlopertjie kry dalk 'n tweede kans
Suid-Kaap Forum
|Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum het met dr. Tina Kaldenberg van die Riversdal-dierekliniek gesels oor hoe die skilpad behandel gaan word en waarvoor die publiek en motoriste op die uitkyk moet wees: "Ons is bevoorreg om in die Hessequa-omgewing nog heelwat wilde diere rondom ons te hê. Michael Hansen van CapeNature besoek ons gereeld met beseerde voëls en diere. Een van dié pasiënte is die baie spesiale padloper-skilpadjie. Hy is raakgery en sy dop was erg gekraak. Gelukkig was daar geen skade aan die skelet wat deel van die dop vorm nie. Ek het die wonde skoongemaak en ontsmet. Hy het antibiotika en anti-inflammatoriese inspuitings gekry. Die dop is met verbande bymekaargehou en gereeld skoongemaak om seker te maak dat daar geen infeksie teenwoordig is nie. Die dop sal met spesiale epoksie geseël word. Dit is baie belangrik om bewus te wees daarvan dat baie van die reptiele nou uit hibernasie kom en meer aktief sal wees. Probeer versigtig en verantwoordelik bestuur. Help ons om ons erfenis van die diereryk en die natuur vir ons kinders te bewaar.
Die padloper-skilpad word by Riversdal-dierekliniek behandel.
'n Baie hartseer verhaal het op 9 September afgespeel nadat 'n pragtige ratel ook raakgery is. Sy was in erge skok en ten spyte daarvan dat sy op 'n drup en skokmedikasie tydens die operasie was om haar gebreekte kakebeen te herstel, het sy dit nie oorleef nie. Ons wil almal ook waarsku dat ons binne drie dae vier slangbytgevalle gesien en behandel het. Wees versigtig, hou jou oë oop en kyk waar jy stap of ry," het Kaldenberg gesê.
Bu hikaye Suid-Kaap Forum dergisinin Suid-Kaap Forum baskısından alınmıştır.
Binlerce özenle seçilmiş premium hikayeye ve 9.000'den fazla dergi ve gazeteye erişmek için Magzter GOLD'a abone olun.
Zaten abone misiniz? Oturum aç
Suid-Kaap Forum'den DAHA FAZLA HİKAYE
Suid-Kaap Forum
Laerskool Bertie Barnard-hengelaars wys hul staal
STILBAAI - Laerskool Bertie Barnard se hengelkompetisie op Vrydag 10 April het hengelaars van alle ouderdomme Skulpiesbaai toe gelok.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Stappers besoek Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai-Oos
STILBAAI - Die inwoners van Stilbaai is baie trots op die pragtige Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai-Oos en gebruik elke moontlike oomblik om dit aan besoekers te wys.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Ultra Trail Sleeping Beauty 'n fees
Die Ultra Trail Sleeping Beauty (UTSB), wat op 11 April vir die tweede keer plaasgevind het, het gewys dat dié wedloop die potensiaal het om as een van die mees ikoniese bergwedlope in die Suid-Kaap beskou kan word.
2 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Cars en PDSA daar vir jou troeteldiere
Die Community Animal Rescue Society (Cars) en die People's Dispensary for Sick Animals (PDSA) besoek Riversdal weer op Saterdag 25 April om noodsaaklike dieregesondheidsdienste aan die gemeenskap te lewer.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Motoriste gemaan oor gevaar langs N2
Motoriste wat die N2 by Riversdal gebruik, word gemaan om uiters versigtig te wees ná 'n waarskuwing deur ao.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Stilbaai: grond vir kleinboere
STILBAAI - Die onlangse aankoop van twee plase langs die R305 deur die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling het gemengde reaksie in die Stilbaai-omgewing ontlok.
2 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Huis Stilbaai hou hul gunsteling basaar
STILBAAI - Die reuk van braaivleis het sommer vroegoggend al oor Perlemoenstraat gehang, want dit was weer tyd vir Huis Stilbaai se gewilde jaarlikse basaar.
1 mins
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Filatelieklub vestig aandag op poskantoor
STILBAAI - Die Stilbaai-filatelieklub het 'n uitstalling by die poskantoor, eerstens om mense bewus te maak van die doen en late van die klub, maar ook om aan die inwoners van Stilbaai te wys dat die poskantoor nog steeds aktief is en normaal sake doen.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Jeugdiges probeer geestelike ontploffing aanwakker
Met die huidige sosiale verval onder jeugdiges in vandag se samelewing, is dit verblydend dat daar wel instansies is wat pogings aanwend om die morale denkwyse te verander.
1 min
Suid-Kaap Forum
Suid-Kaap Forum
Rolbalklub spog met suksesvolle toernooie
HEIDELBERG - Die Heidelbergrolbalklub het onlangs weer hul merk gemaak met 'n reeks suksesvolle en gesellige geleenthede wat die gemeenskap bymekaar gebring het.
1 mins
Suid-Kaap Forum
Listen
Translate
Change font size
