Prøve GULL - Gratis
Sorg-fonds gestig toe hek op seuntjie val
Gemsbok
|June 27, 2025
GEMSBOK-UPINGTON: Nadat 'n groot staal skuifhek op klein Frikkie Nel geval en hom met ernstige hoofbeserings gelaat het, het "Frikkie se Villiage" ingespring en 'n noodfonds op die Back-a-Buddy-veldtog-blad vir die gesin begin.
-
Die Nel gesin se lewens het Saterdag, 14 Junie 2025, skielik tot stilstand geruk, toe Frikkie onder 'n staalhek beland en sy ouers hom inderhaas na die naaste hopsitaal moes neem.
Na afloop van 'n CT-scan is bevestig dat hy 'n fraktuur in die skedel agter die linkeroor het en dat gehoorverlies in die oor moontlik is. Die linkeroor-kanaal wastoegeswel (sagte weefsel swelling) maar geen fraktuur naby die linkeroog. Bloederige lugblasies het gevorm a.g.v. die fraktuur agter die oor en indien dit sou skuif, kon dit inflammasie in die brein veroorsaak wat kan lei tot sekondêre breinskade. Frikkie het natuurlik ernstige breinskudding (concussion) opgedoen en die linkerkant van sy gesig en oog was hewig geswel.
Die dokter bevestig dat hierdie tipe val klein Frikkie se dood kon veroorsaak het-maar dit het nie!
Op Sondagoggend, 15 Junie 2025 is klein Frikkie oorgeplaas na Kimberley, sodat sy beserings verder gemonitor kon word. Sunette het saam met klein Frikkie per ambulans na Kimberley vertrek, terwyl Pappa Frikkie en ousus met hul eie motor agterna gejaag het.
Weens die aard van klein Frikkie se beserings moes hy ongelooflik stil gehou word, terwyl die swelling sak en die "gel" vorm rondom die skedelfraktuur.
Denne historien er fra June 27, 2025-utgaven av Gemsbok.
Abonner på Magzter GOLD for å få tilgang til tusenvis av kuraterte premiumhistorier og over 9000 magasiner og aviser.
Allerede abonnent? Logg på
FLERE HISTORIER FRA Gemsbok
Gemsbok
Russe en NK nou “BVV’s”
Adjunk-Eerste Minister van Ekonomiese Sake, mnr. Oleg Alexandrivich Ermolaev en die Noord-Kaapse Premier, dr. Zamani Saul, onderteken historiese vennootskapsooreenkoms tussen die Republiek van Karelië (Russiese Federasie) en die Noord-Kaap.
1 min
September 12, 2025
Gemsbok
NK se Jongboer van die Jaar
Stephan Becker, 'n boer van die Upington-omgewing, is verlede week tydens die Agri Noord-Kaapkongres as die 2025 Noord-Kaap Jongboer van die Jaar aangewys.
1 min
August 29, 2025
Gemsbok
Venter-moord: Verdagtes weer in hof
GEMSBOK-KURUMAN: Die vier verdagtes wat die afgelope week weer in verband met die moord op Hendrik Venter (81), 'n gerespekteerde veeboer van Kuruman, aangekeer is, het Maandag (4 Augustus) in die Landdroshof in Kuruman verskyn.
2 mins
August 08,2025
Gemsbok
Plaastoe Pretloop steun voedingskema vir kinders in nood
Die inwoners van Upington en omliggende gemeenskappe word genooi om deel te neem aan 'n betekenisvolle geleentheid wat liggaam en siel voed.
1 min
July 18, 2025
Gemsbok
Voedsel- en Wynfees om die draai
GEMSBOK-UPINGTON: Die Pick 'n Pay Voedselen Wynfees wat gehou word om Op die Voorpos se 140 ste bestaanjaar te vier, is om die draai.
1 min
July 18, 2025
Gemsbok
NK Woestyn-koningin tuur oor Tankwa Karoo
GEMSBOK-UPINGTON: \"Die Koningin van die Woestyn\" is ontwerp deur Gift, 'n bekende ontwerper van Paballelo Upington. Hierdie pragtige stuk is 'n huldeblyk aan die kulturele erfenis en skoonheid van die Noord-Kaap.
2 mins
July 18, 2025
Gemsbok
AfriForum kritiseer pogings om straatnaamsverandering in Upington deur te druk
Pogings om die naamsverandering van een van Upington se hoofstrate deur te druk, is volgens AfriForum onbillik aangesien die voorgenome verandering nie aan 'n behoorlike openbare deelnameproses onderwerp is nie.
1 mins
July 18, 2025
Gemsbok
Is dit nou uit met Schröder en in met Gubula?
Die Dawid Kruiper Munisipaliteit is van plan om Schröderstraat op Upington se naam na QA Gubulastraat te verander en dit lyk asof hulle die proses so vinnig moontlik aan die gang wil sit.
2 mins
July 18, 2025
Gemsbok
Kalahari kwashale en sketse
Een van die Kalahari-omgewing se kunstenaars, Pieter Pienaar, het nou sy tweede koffietafelboek, Kalahari Kwashale en Sketse, die lig te laat sien.
3 mins
July 11, 2025
Gemsbok
Kuruman-aanklaer vra dat saak van vermoorde boer moet hervat
Skokgolwe is onlangs vir 'n tweede maal deur die Kurumanen uitgebreide boerderygemeenskap gestuur, na die wrede moord op 'n boer van die omgewing gelei het tot, wat beskryf word as 'n gebrek aan geregtigheid vir die familie van Hendrik Venter (81), nadat die saak van dié vermoorde boer van die hofrol geskrap is.
2 mins
July 11, 2025
Listen
Translate
Change font size

