Prøve GULL - Gratis

MEISIE OP ERGSTE MANIER GE-VIOLATE

Die Son

|

November 20, 2025

Sewejarige glo wreed deur drie seuns in skool se toilet in Fisantekraal gemolesteer

- CHRISLYNN SIAS-LOUW

MEISIE OP ERGSTE MANIER GE-VIOLATE

SLAGOFFER: 'n Sewejarige meisie is vir die res van haar lewe geskend nadat sy glo erg by die skool gemolesteer is. FOTO TER ILLUSTRASIE

'N KIND wat skree en huil van pyn en 'n ma in trane en ongeloof omdat ander kinders haar lieflingkind so seergemaak en van haar onskuld beroof het.

Dit is die hartseer-verhaal van 'n ma en haar sewejarige dogtertjie van Fisantekraal wat na bewering erg molesteer is by die Primêre Skool Fisantekraal.

Daar is glo twee weke gelede, op 7 November, toiletpapier in die meisietjie se vagina opgedruk.

Dié toiletpapier het 'n infeksie veroorsaak en die kind is nou op haar tweede ronde antibiotikum om die infeksie uit haar liggaam, en veral haar lewer, wat beskadig is, te werk.

Wanneer jy met die kind se mamma gesels, skeur die sewejarige se krete van pyn op die agtergrond deur jou en kan jy nie anders as om te wonder hoekom kinders mekaar op dié manier sou seermaak nie.

Die mamma vertel haar kind het op 7 November uit die skool gekom en reguit na haar kamer gegaan. Dit was ongewoon, want dié sewejarige is nie 'n kind wat in die kamer lê nie.

“Ek het haar gelos, want ek het gedink sy het seker heeldag by die skool in die hitte gespeel. Die aand toe lê die kind steeds en toe ek aan haar vat, was sy vuurwarm. Ons het haar Calpol gegee vir die koors.”

FLERE HISTORIER FRA Die Son

Die Son

Die Son

DAM EIS 'N TIENJARIGE

DIT is sekerlik die seer-ste seer wanneer 'n mammie haar dogter, veral hierdie tyd van die jaar, aan die dood moet afstaan.

time to read

3 mins

December 18, 2025

Die Son

Man is al keelvol van teistering

'N SAKEMAN en pa van Paarl-Oos sê hy is moeg vir die teistering wat hy en sy gesin die laaste tyd ervaar het weens 'n polisieman van die Paarl-polisiestasie wat glo sy kollegas stuur om hom en sy gesin te teister.

time to read

1 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

Raadslede van George los DA vir die PA, Mkhwanazi drop korrupsie-bom

Trént laat rek.

time to read

1 mins

December 18, 2025

Die Son

JUNIOR HET SY KIDS BESKERM

JUNIOR KING (gebore Dugulth Ferreira) het vir sy kinders geleef en dis ook hoe hy dood is.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Dis amper hêppie hêppie Krismis! KYKIE, HOORIE!

O, WAAR brand dit hierdie Kersfees vir jou en jou familie?

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

'EK IS HIER NET DEUR GENADE'

Wanneer Renecia Mouton van Vredenburg oor haar lewe praat, doen sy dit met nederigheid, geloof en krag wat net iemand kan hê wat al drie keer teen kanker moes veg - en elke keer moes opstaan.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

CAPE FLATS-STRATE TOE SOKKERVELDE

DIE eerste \"Taking Back Our Streets\"-veldtog, wat deur Safa Cape Town en talle ander gemeenskapsorganisasies geloods is, was volgens Bennett Bailey, president van Safa CT, Saterdag 'n reuse-sukses.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

YMO MAAK REG VIR SY 109DE BIRTHDAY

SON KOLLIG OP DERDE LIGA

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

Die Son

DIÉ SPEAKER WIL GLO FAMILIE UITSIT

DIE speaker van die Bergrivier-munisipaliteit, Randall Swarts, en sy vrou, Lerone, wil nou familie van sy vrou uit hulle familie-huis gooi.

time to read

2 mins

December 18, 2025

Die Son

MI Cape Town SA20-titel defence begin

ROBIN Peterson, voormalige Protea-spinner, se groeiende reputasie as een van Suid-Afrika se bright witbal-krieket-coaches, se visier is stewig daarop gefokus om die MI Cape Town se SA20-titel te behou.

time to read

1 min

December 18, 2025

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size