Facebook Pixel Watertenkwaens kos sukkelende munisipaliteite R2.3 miljard | Gemsbok - newspaper - Magzter.comでこの記事を読む
Magzter GOLDで無制限に

Magzter GOLDで無制限に

10,000以上の雑誌、新聞、プレミアム記事に無制限にアクセスできます。

$149.99
 
$74.99/年

試す - 無料

Watertenkwaens kos sukkelende munisipaliteite R2.3 miljard

Gemsbok

|

December 19, 2025

Die Ouditeur-Generaal se verslag het opgemerk dat 30 waterdiensowerhede, waarvan nege in die Noord-Kaap is, geen wateronderhoudsplanne gehad het nie en geen bewyse is verskaf om die bestaan van planne by vier waterdiensowerhede te bevestig nie.

'n Verdoemende oudit wat deur die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (AGSA) uitgevoer is, het diepgaande tekortkominge in die bestuur van die land se waterbronne in 59 munisipaliteite aan die lig gebring.

Die AGSA se Watersektorverslag skets 'n somber prentjie vir Waterdiensowerhede (WSA's), wat 'n verstommende R14.89 miljard in waterverliese vir die 2023-2024-jaar gerapporteer het, wat hoofsaaklik toegeskryf word aan onvoldoende onderhoud van infrastruktuur.

Tydens 'n inligtingsessie aan die Parlement op Dinsdag het AGSA-amptenare gewaarsku teen 'n bestendige agteruitgang in afvalwaterbehandeling, gedryf deur swak waterbestuur en swak vraagbestuurstelsels.

Hulle het berig dat 90% van afvalwaterbehandelingswerke nie aan ten minste een kwaliteitsstandaard voldoen het nie, wat 'n groeiende bedreiging vir die omgewing en openbare gesondheid aandui.

Die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit moes die afgelope week kosbare fondse op watertenkers uitgee om waterverligting na die Kai !Garib Munisipaliteit te vervoer.

Infrastruktuurontwikkeling het ook regoor die sektor tot stilstand gekom. Nasionale waterentiteite het 'n gemiddelde vertraging van 62 maande op projekte aangeteken. By waterrade is sewe projekte met 'n gemiddeld van 64 maande vertraag, terwyl waterdiensowerhede gemiddelde vertragings van 25 maande ervaar het.

Gemsbok からのその他のストーリー

Gemsbok

Gemsbok

Menseregtekommissie ondersoekverslag wys dat NK munisipaliteite in 'n verskriklike toestand is

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK/Kommissie) het die afgelope week sy ondersoekverslag oor die stand van dienslewering op plaaslike regeringsvlak in die Noord-Kaap bekendgestel.

time to read

1 mins

May 01, 2026

Gemsbok

DKM presteer goed in sy groen druppel-status

Dawid Kruiper Munisipaliteit is vir 'n tweede termyn glo aangewys as die Beste Presterende Munisipaliteit in die Noord-Kaap met 'n voortdurende toename in puntetelling ten opsigte van die Groen druppel.

time to read

1 mins

April 15, 2026

Gemsbok

Gemsbok

Twee betrap met oor die R40 000 se beeste

Lede van die Kuruman Veediefstalen Bedreigde Spesies-eenheid het Woensdag 1 April 2026 drie Bonsmara-beeste ter waarde van meer as R40 000-00 herwin en daarna twee verdagtes van onderskeidelik 36 en 41 jaar oud in hegtenis geneem.

time to read

1 min

April 10, 2026

Gemsbok

AfriForum Kathu-buurtwag hanteer drie voorvalle tydens massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Kathu het onlangs hul hande vol gehad gedurende die organisasie se massapatrollie.

time to read

1 mins

April 10, 2026

Gemsbok

413 Tydens Operasie Paseka vasgetrek

Vierhonderd-en-dertien (413) verdagtes is in hegtenis geneem vir 'n menigte oortredings regoor die Noord-Kaap tydens Operasie Paseka onder die beskerming van Shanela II, wat deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisie-diens (SAPD) in samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe uitgevoer is.

time to read

1 min

April 3, 2026

Gemsbok

Pretstap vir kerksaal was groot sukses

Kakamas se NG Kerk het onlangs hul jaarlikse stap op Hoërskool Martin Oosthuizen se sportgronde aangebied.

time to read

1 min

March 27, 2026

Gemsbok

Liggaam van vermiste toeris by Augrabies Waterval gevind

GEMSBOK-AUGRABIES: SANParke het bevestig dat die liggaam van 'n vermiste besoeker by Augrabies Waterval Nasionale Park gevind is na 'n soektog van meer as een dag.

time to read

1 min

March 27, 2026

Gemsbok

Vyf verdagtes gearresteer vir veediefstal

Die uitvoering van Operasie \"Steamers\" het veediefstal in Calvinia op Vrydag 20 Maart 2026 behoorlik onderdruk.

time to read

2 mins

March 27, 2026

Gemsbok

R12 miljoen se bates in Covid-tenderbedrogsaak, verbeurd verklaar

GEMSBOK-KIMBERLEY: Bates ter waarde van ongeveer R12 miljoen, insluitend eiendom en saketoerusting wat aan Macronym 37 (Edms) Bpk en sy direkteure - insluitend Christopher Sibisi - behoort, is aan die Staat verbeurd verklaar nadat die maatskappy persoonlike beskermende toerusting (PBT) aan die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid verskaf het.

time to read

1 mins

March 20, 2026

Gemsbok

Kalahari Mall vir R800 miljoen verkoop

GEMSBOK-UPINGTON: Hosken Consolidated Investments Limited (HCI) het sy belang in die Kalahari Mall op Upington vir R800 miljoen verkoop.

time to read

1 min

March 20, 2026

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size