Weg! Karoo - 2025
いつでもキャンセルできます。
(義務なし) ⓘ定期購読にご満足いただけない場合は、定期購読開始日から 7 日以内に help@magzter.com までメールをお送りいただければ、全額返金いたします。質問は一切ありません。お約束します! (注: 単号購入には適用されません)
デジタルサブスクリプション
即時アクセス ⓘ今すぐ購読すると、Magzter の Web サイト、iOS、Android、Amazon アプリですぐに読み始めることができます。
この号では
In hierdie uitgawe van Weg! Karoo - Die hoofkwartier van rus en vrede: 31 Puik blyplekke - Montagu, Burgersdorp, De Rust, Philippolis, Drie Susters, Merweville, Beaufort-Wes, Oudtshoorn en meer! Plus: Sakrivier - Wanneer die genadewater uiteindelik kom, Karoo- nasionale park - Genoeg spasie vir elke hasie, Gamkaskloof - Stap deur Die Hel (maar eet lekker saans), Graaff-Reinet - Ontmoet die fossielman Bruce Rubidge en Nelspoort na Nieu-Bethesda - ’n Fototoer vir jóú!
Weg! Karoo Description:
Wou jy nog altyd die Karoo gaan verken, maar weet nie waar om te begin nie? Hierdie reisgids dek al die streke, van die Tankwa in die weste tot die Kamdeboo in die ooste: Groot-Karoo, Klein-Karoo, Hardemanskaroo – elke soort Karoo!
Ons lys 101 Karootreffers – als van die beste padstalle, gasteplase, natuurreservate en dorpsmuseums tot die mooiste agterpaaie om te gaan ry.
Toast Coetzer skryf oor blyplekke in die Klein-Karoo (Barrydale, Vanwyksdorp, Calitzdorp, Oudtshoorn en Uniondale); Chris Marais vertel die opstaan-storie van die Oos-Kaapse dorpie Hofmeyr; Pierre Steyn toer saam met Heuningland rondom Beaufort-Wes; en Willem van der Berg ry perdekar op die Vergete Grootpad...
Ontmoet die toergids Marchelle van Zyl van Montagu en die plantkenner Sue Milton-Dean van Prins Albert.
Praktiese reisadvies, lekkerlees stories én ’n dubbelblad-kaart van die Karoo – geniet dit!
