Passez à l'illimité avec Magzter GOLD

Passez à l'illimité avec Magzter GOLD

Obtenez un accès illimité à plus de 9 000 magazines, journaux et articles Premium pour seulement

$149.99
 
$74.99/Année

Essayer OR - Gratuit

Klein Karoo Klassique bied diverse program

Oudtshoorn Courant

|

Oudtshoorn Courant

Die program bevat die Maanligsonate van Beethoven in 'n splinternuwe verwerking vir orkes, asook opera-arias deur Mozart en musiek van Vivaldi en Bach.

Klein Karoo Klassique bied diverse program

'n Diverse feesprogram wag op klassieke musiekliefhebbers by vanjaar se Klein Karoo Klassique in Oudtshoorn.

Dié fees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn word van Vrydag 8 tot Sondag 10 Augustus vir die 16de keer in die Klein-Karoo aangebied.

Maestro Richard Cock en die Kaapstadse Feesorkes is terug vir die Klein Karoo Klassique Galakonsert (9 Augustus 19:30), saam met die immergewilde Charl du Plessis Trio en opkomende operaster Nonhlanhla Yende. Die program bevat die Maanligsonate van Beethoven in 'n splinternuwe verwerking vir orkes, asook opera-arias deur Mozart en musiek van Vivaldi en Bach.

Yende is een van 'n nuwe generasie briljante sangers wat tans opslae in die Suid-Afrikaanse musieklandskap maak. Sy sing van die gewildste arias uit die operarepertorium om dié onvergeetlike konsert af te sluit.

Voces Cordis, onder leiding van die bekroonde koorleier André van der Merwe, tree vir die eerste keer by Klassique op (10 Augustus 12:30), met gewyde koorwerke deur komponiste soos Andrey Makor en Jacob Handl, kontemporêre werke deur Laura Jakabsone en Jacob Collier, 'n Letlandse volkslied, en Mia Makaroff se Didn't My Lord Deliver Daniel. Die koor deel ook hul eie vertolking van die geliefde Afrikaanse Voshaarnooi.

PLUS D'HISTOIRES DE Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Saturnus Primary crowned national champions

The 2025 SAMCA (South African Majorette and Cheerleading Association) National Championships officially kicked off in Oudtshoorn last week, and local talent wasted no time making their mark.

time to read

1 mins

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Na 2 jaar kies Dysselsdorp-krieketklub weer 'n bestuur

Die Dysselsdorp-krieketklub het na byna twee jaar, wat Cedlan Solomons manalleen die krieketsake van Dysselsdorp behartig het, weer 'n nuwe bestuur gekies.

time to read

1 min

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Allers wil probleme op grondvlak aanspreek

Johan Allers, burgemeester van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het verlede week, in samewerking met die gemeenskapspolisiëringsforum, polisiebeamptes, raadslede en munisipale amptenare, 'n staptoer deur Oudtshoorn se sentrale sakekern onderneem om dringende kwessies op grondvlak te ondersoek.

time to read

1 mins

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Terapiehonde slaag KUSA-bronstoets

Petra du Toit en haar span vrywilligers is bekend in Oudtshoorn vir die werk wat hulle met hul opgeleide terapiehonde, veral by tehuise en skole doen.

time to read

2 mins

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Pro Academy verras by kampioenskappe

\"Ons is totaal oorweldig, dit was glad nie iets wat ons verwag het nie,” sê 'n trotse Nadia Britz, stigter en eienaar van Pro Academy, 'n dansakademie in Oudtshoorn wat die afgelope naweek twee tweede plekke by vanjaar se Suid-Afrikaanse trompoppie en rasieleiervereniging (Samca) nasionale kampioenskappe, asook by die ICU (International Cheer Union) Afrika-kampioenskappe verower het.

time to read

1 mins

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Man wat gestremde kind probeer verkrag, tronk toe

Willem Bruintjies (60) van Volmoed, met 18 vorige veroordelings, is in die Oudtshoorn-streekhof aan poging om te verkrag en aanranding skuldig bevind en ses jaar gevangenisstraf opgelê.

time to read

1 min

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Planne vir kindersorgsentrum in Oudtshoorn kry steun

Die derde maatskaplike gemeenskapskomiteevergadering het verlede Donderdag, 3 Julie, in die ou raadsaal plaasgevind.

time to read

1 min

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Meyer gaan wel van strafbare manslag aangekla word

Die saak teen Samantha Meyer (40), die vrou wat op 8 November 2024 met haar motor in 'n botsing met 'n Volkswagen Golf van 'n jong onderwyser van Dysselsdorp was, is Dinsdag in die Oudtshoorn-landdroshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.

time to read

1 min

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Wicit Six bo teen Vikings

Die Wicit Six-potspelspan, het Sondag die span van die Vikings in 'n vriendskaplike wedstryd by die Wicit-sportkroeg oortuigend met 24 - 6 geklop.

time to read

1 min

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn Courant

Familie eis antwoorde na vrou se dood

Familie van wyle Nadia Goliath (36) soek antwoorde na haar dood op 20 Junie toe sy bewusteloos met 'n erg geswelde gesig in haar houtstruktuur in Bobby le Roux-kamp gevind is.

time to read

1 mins

Oudtshoorn Courant

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size