Facebook Pixel {العنوان: سلسلة} | {اسم المغناطيس: سلسلة} - {الفئة: سلسلة} - اقرأ هذه القصة على Magzter.com

يحاول ذهب - حر

Minder skole: meer leerlinge?

March 24, 2026

|

Klerksdorp Midweek

Daar word baie gepraat oor leerlinge en wiskunde maar nie naastenby genoeg oor onderwysamptenare se berekeninge nie.

Dr Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die skoolbeheerliggaam-organisasie FEDSAS, verduidelik dat die regering se somme oor skole glad nie klop nie.

"Jannie kan 100 appels in twee mandjies dra. Hoeveel mandjies het Jannie nodig om 1 000 appels te dra? Een, as jy die onderwysstelsel se formule gebruik."

Die jongste beskikbare data oor die onderwyslandskap wys dat Suid-Afrika tans 22 259 openbare skole en 2 507 onafhanklike skole het. Dit is 122 minder skole as 'n jaar gelede, terwyl daar in dieselfde tydperk 54 454 meer kinders by die stelsel gevoeg is.

Van die nege provinsies is daar slegs een wat vanjaar meer skole het as die vorige jaar, naamlik die Wes-Kaap, met agt bykomende skole. Die provinsie se leerdertal het met 3 608 toegeneem, maar daar is 1 186 opvoeders minder as 'n jaar gelede om die 1 212 282 leerlinge te bedien. Oor 'n tienjaarperiode het die Wes-Kaap effektief slegs 17 skole bygekry.

Die mees verstommende verhaal speel egter in Gauteng af. Dié provinsie se leerdertal het die afgelope jaar met 10 867 gegroei, maar daar is vyf skole minder as 12 maande gelede. Daar is darem 277 onderwysers meer om die kinders te onderrig. Oor 'n tienjaarperiode is daar egter 17 skole minder om die 2 340 853 leerlinge te bedien.

Gauteng het reeds die grootste gemiddelde skoolgrootte in die land - bykans dubbel so groot as die gemiddelde skool elders. Dit is 'n aanklag teen elke LUR wat die afgelope twee termyne gedien het. Die provinsie het eenvoudig nie genoeg nuwe skole gebou om by bevolkingsgroei en migrasie by te hou nie.

Wat openbare skole betref, het die landskap die afgelope dekade dramaties verander. Meer as 592 000 leerlinge het by die stelsel aangesluit, maar daar is 1 646 minder openbare skole. Verstedeliking en migrasie na provinsies met beter werksgeleenthede is twee van die belangrikste dryfvere agter hierdie tendens.

ONAFHANKLIKE SKOLE SIEN DIE GAPING

المزيد من القصص من Klerksdorp Midweek

Klerksdorp Midweek

Klerksdorp Midweek

Focus on underage gambling

A Learner's Awareness Programme that tackles underage gambling concluded in the township.

time to read

1 min

April 14, 2026

Klerksdorp Midweek

Amper weer tyd vir Nampo

In 'n tyd waar landbou toenemend onder druk funksioneer - van klimaatsveranderlikheid en stygende insetkoste tot marken beleids-onsekerheid - verskuif die fokus in 2026 na een kernbeginsel: veerkragtigheid.

time to read

2 mins

April 14, 2026

Klerksdorp Midweek

The often-overlooked women on Broadway

A concert than honours the often-overlooked women of musical theatre will take place next week.

time to read

1 min

April 14, 2026

Klerksdorp Midweek

Klerksdorp Midweek

Take care with Easter travel plans

As South Africans prepare for the upcoming Easter break, motorists are urged to plan ahead and prioritise vehicle safety and fuel consumption - particularly those travelling with trailers, caravans or boats.

time to read

2 mins

March 31, 2026

Klerksdorp Midweek

FMD vaccination gathers momentum

The North West Department of Agriculture and Rural Development is driving forward with unprecedented energy in the fight against Foot and Mouth Disease (FMD).

time to read

1 mins

March 24, 2026

Klerksdorp Midweek

Young model wins big

Young Model Gift Kotokoane from Klerksdorp represented Red Carpet SA at the Model Earth International Pageant 2026, an international event that brings together talented young participants from across the world.

time to read

1 min

March 24, 2026

Klerksdorp Midweek

Minder skole: meer leerlinge?

Daar word baie gepraat oor leerlinge en wiskunde maar nie naastenby genoeg oor onderwysamptenare se berekeninge nie.

time to read

4 mins

March 24, 2026

Klerksdorp Midweek

Breakthrough for kidney and heart treatments

Health experts warn that chronic kidney disease (CKD) can dramatically increase the risk of life-threatening heart problems.

time to read

2 mins

March 17, 2026

Klerksdorp Midweek

Club to host photography congress

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Calling all local photographers, from seasoned professionals to enthusiastic hobbyists!

time to read

1 min

March 10, 2026

Klerksdorp Midweek

Free discourse at local museum

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The bombing of Japan during WW2 is still affecting the residents of Hong Kong.

time to read

1 min

March 10, 2026

Listen

Translate

Share

-
+

Change font size