Weg! Ry & Sleep – Oordgids – Spesiale troeteldieruitgawe- All Issues

’n Goeie derde van die kampplekke in die land laat troeteldiere toe. In hierdie gids lys ons meer as 150 oorde landwyd waar Woef welkom is. Dit sluit in ’n landkaart wat al die plekke uitwys plus inligting oor die geriewe, die kontakbesonderhede tot die GPS-koördinate. Ons gee ook ’n opsomming van die oorde se voorwaardes vir jou troeteldiere asook foto’s om te sien wat jy by die bestemming kan verwag.