Prøve GULL - Gratis
Gemsbok – Alle problemer
IS U BEWUS daarvan dat die GEMSBOK een van die GROOTSTE plattelandse koerante in die Republiek is? ... dat die Gemsbok onder plattelandse koerante die grootste sirkulasiegebied het? Die GEMSBOK bereik weekliks sowat 88 200 lesers in ’n uitgestrekte gebied wat strek vanaf Kuruman in die ooste tot by Port Nolloth in die weste en vanaf Keetmanshoop in die noorde tot Calvinia in die suide. Geen ander publikasie sirkuleer so intensief in hierdie uitgestrekte gebied nie! DIE GEMSBOK vervul ’n onontbeerlike diens as kommunikasiemedium vir lesers en adverteerders in die grootste deel van die Noord-Kaap. Vir adverteerders is daar geen doeltreffender metode om hulle dienste en produkte aan ons duisende lesers te bemark nie. Die Gemsbok is ’n onafhanklike koerant wat geen politieke party ondersteun nie. Daarom plaas ons nie nuus oor party-politieke sake of politieke partye se beleid, doelstellings of standpunte nie. Hierdie inligting kan die politieke partye op politieke vergaderings of deur betaalde advertensies in koerante aan hul ondersteuners oordra. Ons het al nuus geplaas van politieke partye wat vir die eerste keer in ons streek takke stig omdat dit nuus op sy eie meriete is. Ons laat die klem val op gemeenskapsake en daardie dinge en nuus wat ons lesers die meeste raak. Ons sal plaaslike nuus vreesloos plaas waar en wanneer dit in die openbare belang is. Geen politieke party of enige ander instansie sal ons voorskryf wat om te plaas of wat om te verswyg nie.

September 02, 2022

August 26, 2022

August 19, 2022

August 12, 2022

August 05, 2022

July 29, 2022

July 22, 2022

July 15, 2022

July 08, 2022

July 01, 2022

June 24, 2022

June 17, 2022

June 10, 2022

June 03, 2022

May 27, 2022

May 20, 2022

May 13, 2022

May 06, 2022

April 29, 2022

April 22, 2022

April 15, 2022

April 08, 2022

April 01, 2022

March 25, 2022

March 18, 2022

March 11, 2022

March 4, 2022

February 25, 2022

February 18, 2022

February 04, 2022