Wild&Jag; / Game&Hunt; - November 2017Add to Favorites

Get Wild&Jag; / Game&Hunt; along with 5,000+ other magazines & newspapers

Try FREE for 7 days

bookLatest and past issues of 5,000+ magazines & newspapersphoneDigital Access. Cancel Anytime.familyShare with 4 family members.

1 Year$99.99

bookLatest and past issues of 5,000+ magazines & newspapersphoneDigital Access. Cancel Anytime.familyShare with 4 family members.
(Or)

Get Wild&Jag; / Game&Hunt;

1 Year $20.99

Save 12%
book12 issues starting from August 2021 phoneDigital Access. Cancel Anytime.

Buy this issue $1.99

bookNovember 2017 issue phoneDigital Access.

Gift Wild&Jag; / Game&Hunt;

  • Magazine Details
  • In this issue

Magazine Description

In this issue

NOVEMBER-ALLEGAARTJIE Hierdie maand bespreek prof Koos Bothma die klipspringer in detail – lees op bl 10 oor elke aspek van dié interessante, skugter bokkie met stekelhare wat graag op hoë rotse in die oggendson saam met sy ooitjie staan en bak. Ons jagredakteur Stefan Fouché skerts lekker in sy artikel op bl 34 oor sy Karoojag tussen Sutherland en Calvinia waar hy ’n vaalribbok – oftewel die prins van die berge − in die Roggeveld se yskoue maar beeldskone berge gaan jag het. WILD & JAG-tydskrif het saam met ZIMBI die grootste Mastershot-kompetisie tot nog toe aangebied met meer as 170 deelnemers. Lees meer op bl 38 oor dié groot skietdag op sewe bane en oor sewe skietdissiplines wat op Krokodilspruit net buite Pretoria aangebied is. Christophe Roelofse skryf vir ons oor “halfduim”-kalibers en gee op bl 28 aandag aan drie gewere so uiteenlopend soos die kosmos – die .500 S&W (Smith & Wesson)-rewolwer “Impendulo”, die .500 NE “Madala” en die .50 BP (swartkruit) “Mafuta”. Die Safari Outdoor Night Force Gong Challenge is vir seker een van die land se beste ghongskietdae en is dié jaar met groot sukses vir die eerste keer by Louvain-gasteplaas net buite George op pad na Uniondale in die Suid-Kaap aangebied. Lees op bl 58 hoe die ervare manne gewedywer het om Safari Outdoor se fantastiese pryse ter waarde van meer as R300 000 huis toe te neem. Dr Flippie Cloete gee ons ’n indiepte-kykie in die afgelope jaar se prystendense, spesifiek in terme van lewende handel, wat ongetwyfeld bygedra het tot die mate van fokusverskuiwing wat tans in die bedryf sigbaar is. Lees meer hieroor op bl 80. Oudergewoonte het WILD & JAG by ’n paar prominente veilings gaan inloer en verskaf op bl 76 die uitslae aan lesers. In die veilingverslae berig ons oor die veilings van Kroon Stud (bl 88), Wintershoek Wild (bl 90), Thaba Tholo (bl 102) en Summit Wildlife (bl 106). Wildbedryfgroete

  • cancel anytimeCancel Anytime [ No Commitments ]
  • digital onlyDigital Only